Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die aankondiging van ’n nuwe kontrakteringsmodel vir Suid-Afrikaanse rugby, waarvolgens die geldkoek onder meer spelers verdeel sal word, het die vrees laat ontstaan dat nog meer top-Bokke hulle by oorsese klubs gaan aansluit.

Die teenredenasie weeg egter swaarder.

Syfers wys dat nagenoeg 70% van al die geld wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) van 2016 tot 2018 op Springbok-kontrakte en wedstrydgeld bestee het, in die sakke van ’n derde van die spelers beland het.

Gemeet aan Suid-Afrika se beskeie wenrekord, is dit allermins ’n geval van verbluffende waarde wat ontgin word.

Saru se verantwoordelikheid strek verder as ’n dosyn of wat Bokke, wat op enige tydstip beserings kan opdoen of ’n insinking in hul spelpeil kan beleef.

Die meeste spelers in Suid-Afrika is aspirant-Bokke en diegene wat as spelers van nasionale belang beskou word, sal ’n bybetaling op hul provinsiale kontrakte kry – iets wat hulle dalk uit die kloue van oorsese klubs kan hou.

Oorsese klubs kan ook help om ons spelers se vaardighede te slyp.

Oorsese klubs kan ook help om ons spelers se vaardighede te slyp. Faf de Klerk en Cheslin Kolbe, byvoorbeeld, het by onderskeidelik Sale en Tou-louse baie beter spelers geword.

’n Positiewe aspek van die nuwe kontrakteringsmodel wat ook nie misgekyk moet word nie, is dat spelers wat van 2020 af hul Superrugby-debuut maak, hulle vir drie jaar tot Suid-Afrikaanse rugby sal verbind. Dit verg dus vorentoe ’n mate van lojaliteit om die Suid-Afrikaanse rugbylandskap te betree.

Die werklikheid is dat Bok-kontrakte – sedert die eerstes ná 1995 se Wêreldbekertoernooi – nog altyd probleme geskep het. Talle spelers het deur die jare salarisse getrek, al was hulle nie meer deel van Bok-afrigters se planne nie.

Om met oorsese klubs se dik beursies te wil meeding, is ook nie haalbaar nie. Saru moet eenvoudig Wêreldrugby se regulasie 9 streng afdwing en klubs verplig om spelers vir Bok-diens vry te stel.

Daar gaan natuurlik geboortepyne wees, maar die nuwe kontrakteringsmodel dien ons rugby beter omdat meer spelers meer gaan verdien.

Suid-Afrikaanse rugby se heil lê nie in die hande van ’n groepie elite-spelers nie.

Meer oor:  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.