Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jaco Marais

Die aanstellings van omstrede ANC-LP’s wat met staatskaping verbind word as hoofde van strategiese portefeuljes in die parlement kon vir pres. Cyril Ramaphosa nie op ’n slegter tyd gekom het nie.

Die aankondiging van die name van voorsitters van portefeuljekomitees slegs ’n dag voor sy staatsrede, werp ’n skadu oor die staatsrede en stroop enigiets wat hy vandag oor byvoorbeeld die stryd teen korrupsie sê, eintlik van geloofwaar­digheid. Hoe anders, met Bongani Bongo, Faith Muthambi, Mosebenzi Zwane, Supra Mahumapelo en Kebby Maphatsoe wat nou knus aan die spits van die belangrike komitees in die nasionale wetgewer sit?

In ’n fyn berekende skuif het Ace Magashule, ANC-bedryfshoof, toegesien dat hy self die aankondiging in die parlement behartig het. Dié duidelike uitda­ging van die mag van Ramaphosa, wat die skuiwe luidens berigte wou keer, verskerp die magstryd in die regerende party, knou die presidensiële beeld van ware staatsmanskap en demp die gees in die land.

Magashule en sy trawante stel magsontwrigting en eie gewin eerste en kry dit reg om Ramaphosa as staatshoof ál meer na ’n flou makou te laat lyk.

Magashule en sy trawante stel magsontwrigting en eie gewin eerste en kry dit reg om Ramaphosa as staatshoof ál meer na ’n flou makou te laat lyk.

Hoe langer die dwarstrekkery van twee ANC-faksies in een juk gaan voortduur, hoe groter skade berokken dit die land. Dan is breekpunt verkieslik, sodat Suid-Afrika kan weet waar hy staan.

Van Ramaphosa sou wel in ’n ware kapteinsbeurt vandag verwag gewees het om beginnende by Eskom uit te stippel hoe die regering bankrot staatsonderne­mings gaan takel. Slegs só sou die ekonomie – en die land – omgekeer kon word. En sou die tweede staatsrede in vier maande as ’n wegwyser kon dien.

Hy sou moes aandui wát die sesde administrasie ná 1994 hóé gaan doen en teen wanneer – met teikens, meetinstrumente en sperdatums vir reken­skap. Sonder spesifieke uitsprake gaan die bose kringloop van armoede, werkloosheid, misdaad en ongelykheid nie gestuit word nie. Dit sou planne vir mislukte staatsondernemings, snywerk aan die staatsdiens en pragmatiese riglyne vir grondonteiening sonder vergoeding moes insluit. En oor korrupsie wil die land weet wanneer vervolging begin. Sonder ’n duidelike streep in die sand gaan niks hiervan kom nie en die land aan staatskapers uitgelewer bly. Die staatshoof moet die skeiding tussen staat en party daadwerklik bevestig, sodat duidelik blyk die land word nie uit Luthuli-huis deur ’n ANC-kader regeer nie.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Staatsrede  |  Kaderaanstellings  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.