SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Adv. Shamila Batohi. Foto: Argief

Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, se bevestiging eergister dat daar ’n groot gebrek aan kapasiteit by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is, is ’n diep kommerwekkende toedrag van sake.

Die uittog van staatsaanklaers – sowat 600 het die NVG die afgelope drie jaar verlaat – en die onvermoë om nuwes aan te stel, knou die bestryding van misdaad, iets waarin die NVG ’n sentrale en beslissende bydrae moet lewer.

Boonop bestaan die verwagting by gewone Suid-Afrikaners dat die NVG ’n sleutelrol in pres. Cyril Ramaphosa se beloofde uitwis van die euwel van staatskaping en korrupsie moet speel.

Trouens, met die aanstelling van Batohi as hoof van die beleërde NVG ná die uitkalwery onder advv. Menzi Simelane, Mokotedi Mpshe, Mxolisi Nxasana, Nomgcobo Jiba en Shaun Abrahams oor die afgelope dekade, en van adv. Hermione Cronjé as hoof van die nuwe ondersoekdirektoraat in die NVG, het Ramaphosa grootliks die verwagting help skep dat die vervolging van staatskapers en korruptes ’n gegewe is.

Vir wetsgehoorsame burgers is die hulpbrontekort ontmoedigende nuus, want dit belemmer uiteraard ook vervolging in ander misdade.

Niks het sover daarvan gekom nie, al stapel getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping en ander kommissies op. Dit demp die geesdrif dat staatsbedrieërs ooit vasgevat gaan word en wek twyfel of Ramaphosa wel die politieke mag in die ANC het om korrupte magsdraers uit te knikker.

Cronjé se mededeling eergister in die parlement dat dit onmoontlik gaan wees om alle staatskapers te vervolg en dit prioriteitsgewys sal moet geskied, staaf die realiteit dat sonder ondersoekers, aanklaers en geld vervolging op dié vlak bykans onbegonne is.

Hierteenoor is die verlies van aanklaers (meer as 20% van poste in die NVG is tans vakant) en ’n begrotingstekort van R121,5 miljoen vir 2019-’20 sekerlik vir die NVG-ondermyners rede tot vreugde.

Vir wetsgehoorsame burgers is die hulpbrontekort ontmoedigende nuus, want dit belemmer uiteraard ook vervolging in ander misdade.

Terselfdertyd sit Batohi met die tameletjie hoe om van bevlekte NVG-personeellede ontslae te raak. Die herstel van vertroue gaan meer as Ronald Lamola, minister van justisie, se voorneme van ’n moderne en gedigitaliseerde hofstelsel verg.

Dringende ingryping gaan nodig wees om die NVG te bemagtig om sy grondwetlike mandaat na te kom – én politieke knoeiers te fnuik.

Meer oor:  Nvg  |  Hoofartikel  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.