Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Zweli Mkhize, treasurer general of the African Nat
Dr. Zweli Mkhize, die nuwe minister van gesondheid. Foto: Getty Images

Die wyse waarop dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, homself in sy begrotingsrede oor nasionale gesondheidsorgversekering (NGV) weerspreek het, is nóg ’n aanduiding dat dié plan op mislukking afstuur.

Die gevolge vir gesondheidsorg in die land kan verwoestend wees.

Aan die een kant sê Mkhize die plan moet sonder verdere omhaal uitgevoer word: “Ek weet daar is kommer oor die gereedheid van ons stelsel om die NGV in te stel, maar ek glo te veel besprekings, ontledings en diagnose het reeds plaasgevind. Ek glo dis tyd dat ons net inspring met die instelling daarvan. As ons voortgaan om die probleem te ontleed, gaan ons nooit by die oorlog opdaag nie.”

Maar aan die ander kant sê hy daar is ’n behoefte aan verdere gesprek en samewerking met belangegroepe, insluitend die private sektor: “Ons beoog om in die komende ses maande gesprekke met ’n wye verskeidenheid belangegroepe te hê.”

Die gevolge vir gesondheidsorg in die land kan verwoestend wees.

Daar is twee punte van kritieke belang hier.

Eerstens is nie een van die grondliggende probleme met die NGV wat dié koerant al voorheen uitgewys het, nog grondliggend opgelos nie. Die belangrikste is openbare gesondheidsorg, wat steeds in die waakeenheid is. Die fondament vir die NGV gaan immers die huidige staatshospitale wees waarvan die meeste die afgelope dekade erg agteruitgegaan het. Om onder dié omstandighede met die NGV voort te stoom, gaan kortweg beteken dat nóg minder mense in Suid-Afrika toegang gaan hê tot gesondheidsorg van goeie gehalte.

Tweedens is die vraag watter beweegrede daar dan vir belangegroepe sal wees om met die regering in gesprek te tree as hy reeds besluit het om alle waarskuwings te ignoreer en, in Mkhize se woorde, “in te spring met die instelling daarvan”.

Watter belangegroep – Mkhize het onder meer gepraat van die private sektor, die gemeenskap, pasiënt­organisasies, akademici en navorsers – sal opdaag vir ’n gesprek waarin hulle geïgnoreer sal word?

Mkhize is nuut in sy portefeulje, en hy sal gou moet besef dat die ANC-regering se geskiedenis besaai is met voorbeelde van waar verwoesting gesaai is omdat die regering hom eenvoudig doof gehou het vir kundige raad. Op dié koers is die gesondheidstelsel volgende aan die beurt.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Hoofartikel  |  Gesondheidsdienste  |  Ngv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.