Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Buiten sappige detail – soos die besoek van ’n jeugdige kerkkoor aan Indië waar hulle “brandrissies geëet het” – is niks nuuts oor die berugte Estina-suiwelskandaal by Vrede voor die Zondo-kommissie aangehoor nie.

Wat die herverpakte getuienis én adjunkhoofregter Raymond Zondo se strategiesevrae wel belig, is die onverklaarbaarheid hoekom nog niks van ondersoeke en vervolging gekom het nie. Dit is ooglopend wie die baasbreine is en hoe hulle staatsgeld afgeskep het onder die voorwendsel dat die swendelprojek die misbruikte “begunstigdes” sou bemagtig.

070318w Nuus- Johannesburg-Key appointments to the
Regter Raymond Zondo Felix Dlangamandla

Die kort rede is die “kultuur van vrees” wat onder Ace Magashule as Vrystaatse premier geskep is. Diegene wat dit nog sou oorweeg om oor staatskorrupsie en ander ampsmisdrywe uit te praat, is daardeur afgeskrik. In dié verband het dr. RoyJankielsohn, Vrystaatse DA-leier, getuig oor on­beantwoorde vrae oor ’n senior Vrystaatse amptenaar wat ontvoer, gemartel en vermoor is.

Die vreeskultuur is deel van die model van staatskaping waarvan toesmeerdery ’n bloudruk is. Jacob Zuma – as Slagoffer Nommer Een – se ratverwisseling voor die Zondo-kommissie vergestalt die ontduiking van taai vrae.

Kenmerkend is hoe die verontwaardigde heulers, as hulle in ’n hoek is, hulself as heilige en verontregte kampvegters teen staatskaping skilder.

Saam met Zuma in die leuenaar-galery hoortMalusi Gigaba, Bruce Koloane en MosebenziZwane, wat almal in hul eie leuenstrik getrap het. As Vrystaatse LUR vir landbou het Zwane die Estina-skema help aanvoor. Dit is ’n noodsaak dat hy en Magashule voor die Zondo-kommissie kom getuig om hul weergawe te boekstaaf.

Die vreemde waarheid is dat Zwane as ’n ANC-LP nou ’n parlementêre komiteevoorsitter is. Hy is aangestel ondanks sy vroeëre minagting vir ’n ander portefeuljekomitee waar hy nie vir ondervraging oor die Vrede-projek opgedaag het nie.

En Magashule, nou sekretaris-generaal van die ANC, het hom as komiteevoorsitter aangestel.
As ’n moedermodel van staatskaping gaan die Estina-swendelprojek in die kollig bly. Dit moet oopgespalk en vervolging ingestel word. Daarsonder sal die terugkapingsprojek by voorbaat misluk.

Meer oor:  Estina-Suiwelprojek  |  Kommentaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.