Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Argief

Met die verval van die INF-verdrag – wat missiele met ’n reikafstand tussen 500 en 3 500 km verbied – is ’n verdere stap gedoen in die afbreek van die Koue-Oorlogse internasionale politieke stelsel wat so lank vir stabiliteit gesorg het.

Die einde van die INF-verdrag is maar één stap; verskeie ander dergelike verdrae het reeds verval sonder dat hulle hernu is, en luidens berigte is dit nie die einde van die storie nie.

Die internasionale politiek berus oorkoepelend op ’n enkele sentrale pilaar: stabiliteit. Sonder stabiliteit ly internasionale handel en beleggings, en groei die moontlikheid van oorlog.

Dit het eeue lank geduur tot dié waarheid min of meer tot die mensdom deurgedring het. Dit het die twee wêreldoorloë gekos om mense te oortuig dat oorlog ’n besonder slegte manier is om jou geskille met ander lande uit die weg te ruim.

Helaas is die leiers wat deesdae in Washington en Moskou (en ook Beijing) aan die stuur van sake is, minder rasioneel.

Die geslag staatsmanne wat deur die twee wêreldoorloë gevorm is, het in die Koue Oorlog hul gesonde verstand gebruik. Tydens die Kubaanse missielkrisis van 1962, toe die wêreld ’n millimeter van ’n allesverwoestende kernoorlog gekom het, het pres. John F. Kennedy die les van 1914 geleer – dat ’n geskil met kalmte, rasionaliteit en deursigtige dialoog aangepak moet word.

Ná hom het staatsmanne soos Ronald Reagan en Michail Gorbatsjof essensieel dieselfde gedoen. Hulle het die reeks verdrae gesluit om die wedersydse bedreiging drasties te verminder, en daardeur ook die moontlikheid van ’n onbedoelde eskalasie van spanning beperk.

Helaas is die leiers wat deesdae in Washington en Moskou (en ook Beijing) aan die stuur van sake is, minder rasioneel. Dis nie dat hulle bewustelik op oorlog afstuur nie. Maar hulle meen elkeen hulle kan hul eie lande se invloed slegs verhoog deur die ander te benadeel.

Dís waarom pres. Donald Trump handelsoorloë links en regs begin. Dis hoekom pres. Wladimir Poetin die Krim onwettig geannekseer het en Oekraïne en die Baltiese state ondermyn. Dis die rede waarom pres. Xi Jinping die grootste deel van die Suid-Chinese See eenvoudig annekseer.

Dis hoog tyd dat rasionele denke weer seëvier.

Meer oor:  Ronald Reagan  |  Hoofartikel  |  Wêreldleiers  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.