Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Tito Mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Deaan Vivier

Die afgelope weke was daar by sommige rolspelers in die ANC heelwat energie oor moontlike voorskriftelike beleggings vir pensioenfondse en die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bespeur.

Maar vir die tesourie en Tito Mboweni, minister van finansies, se voorgestelde ekonomiese plan was die ontvangs maar koel. Gestroop van die gewone bladsye oor swart ekonomiese bemagtiging en ideologie – wat meermale uit die organisasie se geskrifte oor sy nasionale demokratiese revolusie oorgeneem is – was dit vir heelwat alliansielede ’n vreemde klank op die oor.

Die land kort ’n sterk, groeigerigte en vryemarkgedrewe ekonomiese plan om enige hoop op sukses te hê. Dit is grootliks wat die plan bied, maar met sinvolle sosiaal-demokratiese eienskappe op die regte plekke. Gesonde staatsbetrokkenheid, veral in vennootskap met private beleggers en kundigheid, is steeds belangrik.

’n Erg verswakte staat was klaarblyklik een van die staatskapers se motiewe, want dan is stroping soveel makliker.

Dit is asof oordrewe staatsbeheer en roekelose bestuur van die land se bronne steeds vir vele in die regerende alliansie die aangewese weg is. Dit laat onvermydelik die vermoede ontstaan dat die lus vir selfverryking nog nie getaan het nie. Daar bestaan geen geldige basis of bewese internasionale beleggingsteun vir enigiets wat afwyk van Mboweni se plan nie.

’n Erg verswakte staat was klaarblyklik een van die staatskapers se motiewe, want dan is stroping soveel makliker.

’n Dinamiese groeiplan met verskeie rolspelers betrokke, bring versterkte etiese regulering en maak dit moeiliker om lang vingers in die nasionale huishoudelike spaarvarkie te kry.

Daar is groeiende konsensus by graderingsagentskappe, internasionale beleggers, die private sektor en die publiek dat dinamiese ekonomiese leierskap en ingryping nodig is.

Dit lyk minstens op voorlopige sigwaarde of die Mboweni-plan dit bied. Wat kort, is genoeg konsensus en sigbare bereidwilligheid in die alliansie om vinnig daarmee te beweeg.

Ironies genoeg kritiseer vakbonde in die alliansie die plan, maar begin toenemend ongemaklik raak oor wat vir hul lede se pensioene beplan word. Hopelik val die plan nie vas in die dodelike trapmeul van rigtinglose raadpleging nie.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Ngv  |  Gesondheid  |  Staatskaping  |  Finansies  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.