Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Bheki Cele
Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Soos papier, is statistiek geduldig. Maar geen beeldpoetser kan Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke wat verlede week bekend gestel is, regdokter nie. Veral nie Bheki Cele, minister van polisie, nie. Daarvoor spreek die waarheid te hard.

Die statistieke, wat telkens vae persentasies is waarmee gegoël word, bevestig wat elke Suid-Afrikaner weet: dat ons woon in ’n gewelddadige land waar misdaad dreig om oor te neem en die regering sy greep op reg en orde verloor.

Vra maar vir elke Suid-Afrikaner wat die afge-lope jaar weer weens misdaad ’n geliefde aan die dood moes afstaan.

’n Ysingwekkende realiteit is dat sedert 1994 sowat 500 000 mense in die land vermoor en byna ’n miljoen verkrag is. Dié som is nie deur die polisie uitgewys nie, maar deur die Suid-Afrikaan-se Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), wat syfers bymekaar getel het.

Dit staaf dat moord op onskuldige slagoffers alledaags geword het. Van die Kaapse Vlakte tot plase; in stede, dorpe en townships, oral word mense afgemaai.

Oor verkragting is die vraag hoeveel nie eens aangemeld word nie.

Oor verkragting is die vraag hoeveel nie eens aangemeld word nie. Net uiterste gevalle, soos die bose verkragting van ’n meisietjie in ’n restaurant se toilet, haal die nuus.

Die statistieke sê huiseienaars het die grootste kans om tussen middernag en 04:00 tuis met vuur-wapens, messe en byle aangeval en beroof te word. Gewis leef ons in ’n land waar abnormale geweld normaal is en elk ’n potensiële slagoffer is.

Klinkklare oplossings ontbreek, veral by monde van Cele, wat nou wegskram van sy belofte van verlede jaar dat koppe gaan rol.

Die voorneme dat spesialiseenhede, wat vroeër met voorbedagte rade ontbind is, heringestel gaan word, is egter welkom. Dit sal gou moet gebeur.

Misdaad is ’n simptoom van werkloosheid, armoede en verval onder ’n swak ANC-regering wat sy plig versaak en eie belang dien.

Die verpolitisering van die polisie op hoë vlak vererger sake. Dit gaan meer as net ’n beter polisiemag verg om misdaad in die kiem te smoor.

Maatskaplik-ekonomiese herstel gaan ’n tydsame en nooit voltooide proses wees. Onder ’n ANC-regering bly misdaad in Suid-Afrika ons deel.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Verkragting  |  Moord  |  Anc-Regering  |  Statistiek  |  Misdaad  |  Moordstatistiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.