Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Predikante van die NG Kerk stem op die algemene sinode in 2015 oor die kerk se hantering van die sogenaamde gay vraagstuk. Foto: Deaan Vivier

Hopelik sal die NG Kerk (NGK) se besluit om gelyke toegang tot sakramente en ampte vir en gelyke behandeling van gay lidmate by sy kerkrade aan te moedig groter rustigheid bring.

Die algemene sinode wys in die besluit ook tereg daarop dat hy dit “betreur dat die verloop van die debat en besluite in die NGK die laaste paar jaar lidmate verwar en seergemaak het”.

Die verloop en trant van die debat, wat selfs op ’n buitengewone sinode en gevolglike hofsaak uitgeloop het, het die NGK se geloofwaardigheid inderdaad geskaad.

Die sinode se besluit gee ook erkenning daaraan dat daar sterk uiteenlopende sienings oor die saak is en verbind die NGK tot ’n “diepe luister na mekaar met respek vir mekaar se uiteenlopende benaderings”. Daar word ook ruimte gelaat vir gemeentes om volgens “hul eie oortuiging” oor die kwessie op te tree.

Uiteindelik neem die besluit dus niks van niemand weg nie, maar sluit aan by ’n inklusiewer werklikheid in die hedendaagse wêreld waarin die NGK hom bevind

Uiteindelik neem die besluit dus niks van niemand weg nie, maar sluit aan by ’n inklusiewer werklikheid in die hedendaagse wêreld waarin die NGK hom bevind. Dit kan net die NGK en die bevordering van sy waardes versterk deur ook openlik oor kwessies soos gelykheid vir alle mense, ongeag hul persoonlike voorkeure, te besin en geloofwaardige insette daaroor te lewer.

Sedert die buitengewone sinodesitting van die NGK in 2016 was dit asof die gay-kwessie bykans alle suurstof van diskoers in die NGK opgeneem het. Dít terwyl daar vele ander brandende kwessies is wat aandag verg. Daarvan is die geringste nie die NGK se eie rol en strukture in ’n snel veranderde en diverse samelewing, asook die vernietigende gevolge van die ekonomiese krisis op die weefsel van die samelewing nie. Dit alles word ook vererger deur gebrekkige dienslewering as gevolg van korrupsie – in die openbare én die private sektor. Hierin is ’n ongekende historiese geleentheid vir kerke en bepaald ook die NGK om rigtinggewend en met toekomshoop na vore te tree.

Vele van die kwessies is inderdaad op die sinodesitting se sakelys. Hopelik word die geleentheid aangegryp om nuwe grond te breek – soos ook gedoen is met die aanwysing van ds. Nioma Venter, die sinode se eerste vroue-assessor.

Meer oor:  Homoseksualiteit  |  Gays  |  Ngk  |  Sinode  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.