Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Hopelik is die aankondiging dat toegewyde spesialiseenhede van die polisie landwyd ontplooi gaan word ’n stap in die regte rigting om die ernstige misdaadprobleem in Suid-Afrika in bedwang te bring.

Die eenhede, wat gaan werk in gebiede met hoë misdaadvlakke, is daarop gemik om met taktiese, intelligensiegedrewe operasies ernstige misdade soos moord, transito- en gewapende rooftogte, taxigeweld en politieke sluipmoorde te beveg.

Hierbenewens is die stryd teen bendemisdaad in die Wes-Kaap ook aansienlik verskerp. Dít alles moet versigtig verwelkom word.

Die feit dat die skep van hierdie eenhede dalk ’n stap in die regte rigting is, moet eerstens beskou word in die konteks van die regering en die polisie wat misdaad nou al te lank as ’n “generiese” verskynsel benader.

In die proses is baie spesialiseenhede gesluit, eenhede wat voorheen uiters waardevolle werk gedoen het en waar broodnodige inligting en spesialiskennis gesetel was. Waarskuwings van kenners dat te veel kundigheid verlore sou gaan, is destyds gewoon geïgnoreer deur die regering én die polisie.

Dit gebeur eenvoudig te dikwels dat die regering sulke ondeurdagte stappe doen sonder om na kundige raad oor die aangeleentheid te luister.

Dit gebeur eenvoudig te dikwels dat die regering sulke ondeurdagte stappe doen sonder om na kundige raad oor die aangeleentheid te luister. Eers wanneer dit reeds amper te laat is, swaai hy om en maak die skade wat hy in die proses aangerig het af as “onbedoelde gevolge”. So is dit nou weer met die spesialiseenhede.

Soos met ’n verskeidenheid ander diepgewortelde probleme in Suid-Afrika is daar aan regeringskant ook te dikwels die wanopvatting dat misdaad met die een of ander spesiale kitsprojek die hoof gebied kan word, terwyl deeglike ondersoek na oorsake, breë beplanning en die deurvoer van praktiese maar meervlakkige oplossings ontbreek.

Die gapende leemtes in die strafregstelsel eis byvoorbeeld dikwels die hoogste prys van die mees weerlose lede van die samelewing.

Verder vra die stryd teen misdaad ’n groot belegging in opleiding, doeltreffende beheer oor elke enkele polisiekantoor landwyd, asook die uitroei van interne politiekery en endemiese korrupsie.

Volgehoue en meervlakkige aandag is nodig om dié probleem – wat Suid-Afrikaners van alle rasse en klasse raak – die hoof te bied.

Meer oor:  Polisie  |  Bendemisdaad  |  Hoofartikel  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.