Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Die Burger sê
Sauk, SABC

Nog ’n dag, en nog ’n reddingsboei vir die SAUK. Daardie kykweer wat jy net nooit weer wil sien nie.

Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, het al in November verlede jaar aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) erken die SAUK se Dag Zero breek in Maart 2019 aan.

“Ons is basies insolvent. Die SAUK sal teen Maart (2019) ineenstort,” het Makhathini aan Skoor gesê. “Ons het R600 miljoen per maand nodig om ons verpligtinge na te kom. Ons het ’n staatswaarborg van R3 miljard nodig om ons skuld af te betaal.” Ja, en steeds is die kalf in die put én ’n kritieke verkiesing vir die ANC lê voor.

Nadat vroeër by die SAUK met ’n afleggings­proses begin is om koste te bespaar, is dit gou gedwarsboom deur Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie. Die einste minister wat nou nóg geld vir die SAUK beloof.

Terwyl dit duidelik die belastingbetalers en lisensiegeldbetalers is wat maar weer gaan moet hoes, mag daar géén twyfel bestaan oor hoe ons tot op dié punt gekom het nie.

Wanbestuur, lankal standaardpraktyk by die uitsaaier, het aansienlik vererger onder Hlaudi Mo­tsoeneng as die matrieklose bedryfshoof en een van die Zuptas se hoofpropagandiste.

Wanbestuur, lankal standaardpraktyk by die uitsaaier, het aansienlik vererger onder Hlaudi Mo­tsoeneng as die matrieklose bedryfshoof en een van die Zuptas se hoofpropagandiste.

Dis die man onder wie die SAUK ’n verlies van R400 miljoen gely het te midde van salarisverhogings van sowat 1 000% wat hy aan homself toegeken het. Die man wat nooit aangestel moes gewees het nie, maar in ’n hofstryd, óók op belasting­betalersonkoste, aan sy pos bly klou het.

Oor sy enorme salaris van R3,8 miljoen het Mo­tsoeneng gesê “hy verdien elke sent”, terwyl hy nie gepla is oor die enorme verlies nie “omdat die SAUK nie veronderstel is om wins te maak nie”.

Die feit is die krisis is te wyte aan chroniese wanbestuur en daar kan beslis nie nou van Jan en San Alleman verwag word om maar weer, sonder beduidende herskikking, hand in die sak te steek nie.

Omskep eerder die SAUK in ’n uitsaaier wat sy sout werd is en die sakemodel sal vorm aanneem. Kry ’n behoorlike onafhanklike en bestendige raad, en begin die legitieme inligtings- en vermaak­behoeftes van die publiek dien, eerder as dié of dáái ANC-faksie.

Meer oor:  Finansies  |  Sauk  |  Hoofartikel  |  Wanbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.