Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Die Burger sê

Een van die kroonjuwele van die Suid-Afrikaanse demokrasie was nog altyd die Verkiesingskommissie (OVK) en sy stygende prestasievlak sedert die verkiesing in 1994.

Die objektiewe manier waarop die OVK nog altyd te werk gegaan het, het geloofwaardigheid aan Suid-Afrikaanse verkiesings en die uitslae verleen.

In ag genome die land se geografie en gepaardgaande demografie sal die uitvoering van ’n “vrye en regverdige” verkiesing altyd moeilik wees. Maar ondanks verskeie operasionele probleme kon die OVK nog altyd die finale uitslae van vorige verkiesings met integriteit aankondig.

Vanjaar se verkiesing is wel vir die OVK se eva­lueringskaart een van wanprestasie. Die relatief klein persentasie van stemlokale wat nie betyds kon oopmaak nie, meermale weens gemeenskapsonluste, kan nie noodwendig op die OVK se skuldrekening geplaas word nie.

Maar ernstig operasionele en integriteitsprobleme, soos swak reëlings deur kiesbeamptes, stembriewe wat nie gestempel is nie, merkink wat maklik verwyder kon word en kiesers wat gemaklik meer as een keer kon stem, is ’n ernstige bron van kommer.

Voorts het Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, ’n skouerophalende houding ingeneem.

Sommige stempunte het identiteitsdokumente gestempel en ander nie, sommige stempunte het nasionale en provinsiale stembriewe in afsonderlike stembusse laat plaas en ander in een stembus en daar was plek-plek onvoldoende toesig met die vervoer van stembriewe, om enkele kwessies te noem.

Voorts het Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, en verskeie van sy nasionale en provinsiale beamptes en van die kommissielede ’n skouerophalende houding ingeneem. Mamabolo sê onder meer as soveel mense betrek word, moet probleme te wagte wees. Dít terwyl die opleiding en voorbereiding van kiesbeamptes duidelik onvoldoende was.

Dit is jammer dat die afskaling van doeltreffende basiese dienslewering die OVK nou ook getref het.

Onverwags is hier dus nog ’n instelling vir die Cyril Ramaphosa-regruklys. ’n Deeglike ondersoek na die OVK en sy leierskorps se hantering van die verkiesing is nodig. Tot dan moet veral opposisiepartye sake fyn dophou oor vandeesweek se uitslae en die howe waar nodig betrek.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.