Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Die Burger sê
Johnny Clegg

Die dood van die ikoniese musikant Johnny Clegg is wyd hier en oorsee betreur. Hy was Suid-Afrika se eerste ambassadeur vir verdraagsaamheid toe die land nog die muishond van die wêreld was – en is nie verniet deur die Franse “le Zoulou blanc” gedoop vir sy viering van die Zoeloe-kultuur nie. Hy was in sy lewe ’n simbool van nierassigheid en geregtigheid en tot sy dood was hy ’n kampvegter daarvoor.

Op 17 het hy Juluka, sy eerste groep, saam met Sipho Mchunu gestig. Die twee vriende het geleef vir musiek maak en in ’n tyd dat dit ongehoord was vir vriendskap oor kleurgrense heen het hy Zoeloe vlot leer praat en in swart woonbuurte en by trekarbeiders gaan kuier om nuwe musiek te ontdek. Hy het van vroeg af ’n Suid-Afrika gewys waar nierassigheid moontlik is, al sê die landswette wat. Sy vroeë lirieke getuig reeds van sy hunkering na ’n vry land.

Hy het antropologie studeer en daarin klasgegee. Hy het sy aanhangers daarvan bewus gemaak dat Suid-Afrika deel is van die groter vasteland Afrika, en dat ons deel is daarvan – sy hart had Afrikatrots.

Hy het die “nuwe môre” van die spits van Kilimand­jaro af gesien en vir sy gehore die pad soontoe aangewys deur sy musiek.

Clegg was ’n voorloper en ’n fakkeldraer. Hy het die “nuwe môre” van die spits van Kilimand­jaro af gesien en vir sy gehore die pad soontoe aangewys deur sy musiek. Al is van sy musiek verbied of het dit min lugtyd gekry, het hy aangehou en deurgedruk. Sy stem en verset was hoorbaar.

Mense wat sy konserte al sedert die vroeë 1980’s bygewoon het, is geraak deur sy ongekunsteldheid, hoe hy met nederigheid en respek vertel van sy ontdekkings van ander kulture.

Die huldeblyke wat sedert Dinsdag instroom, toon die reikwydte van sy musiek en dat dit wortel geskiet het in velerlei mense se harte. Elkeen kon iets daaruit neem, iets wat jy as Suid-Afrikaner met jou kan saamdra die toekoms in. Of dit nou sy lied “The Crossing” is, wat musikante verlede jaar as huldeblyk vir hom opgeneem het en wat ná sy dood ’n ander weerklank het, of “Scatterlings of Africa”, wat dui op ontheemding en ’n onvaste wêreld, of “Spirit of the Great Heart”, wat nie net dui op die dapper hond Jock nie.

Op sy afskeidstoer in 2017 het Johnny weer gedans en gesing. Al kon ’n mens tekens van die aftakeling van sy lyf weens kanker sien, was dit die ou Johnny met die groot hart wat sy gehore opnuut aangespoor het om betrokke burgers te wees en te glo in die moontlikhede van sy geliefde land en mense.

Meer oor:  Johnny Clegg  |  Apartheid  |  Hoop  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.