Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Volksblad sê
Solly Msimanga, DA-burgemeesterskandidaat vir Tshwane. Foto: Thapelo Maphakela

Die DA het in April met die inwyding van sy nuwe hoofkwartier in Johannesburg met groot fanfare aangekondig hy gaan sy hoof­offensief in 2019 se algemene verkiesing uit Gauteng van stapel stuur.

Die naweek het die federale uitvoerende raad die generaal vir dié offensief aangekondig: die gewilde Solly Msimang, burgemeester van Tshwane. Msimang het sterk mededinging die loef afgesteek: die LPW Makashule Gana, Refiloe Ntsekhe, die DA se federale adjunkvoorsitter, en die LP Ghaleb Cachalia.

Die DA het sy staal as regeerder oor en oor in die Wes-Kaap bewys, al het die onlangse interne struwelinge en die onsmaaklike Patricia de Lille-sage dié partytjie aansienlik bederf. Nogtans is die DA feitlik verseker van nog ’n oorwinning in die suide. Dit maak derhalwe sin dat hy die klem verskuif na strategiese provinsies wat hy bitter graag wil inpalm, naamlik Gauteng en die Noord-Kaap.

Hy het voorts sy hart gewys toe hy sy burgemeesterswoning verkoop en die geld vir behuisingsprojekte gebruik het.

Msimanga (38), ’n pa van twee wat in Atteridgeville grootgeword het, het in sy kort tydperk as burgemeester van Tshwane sukses behaal. Hy het onder meer Tshwane se skuld van R2 miljard in ’n surplus van R704 miljoen omskep en Tshwane is onlangs as die vinnigs groeiende stad in Afrika aangewys. Hy het voorts sy hart gewys toe hy sy burgemeesterswoning verkoop en die geld vir behuisingsprojekte gebruik het.

Maar hy is nie altyd ewe gewild nie, met talle inwoners wat meen die DA vaar nie goed genoeg wat dienslewering betref nie. Voorts was hy weens twee omstrede aanstellings in die moeilikheid. Msimanga sal dié spoke gou ter ruste moet lê as hy sy aansien en dié van die DA wil verbeter.

Die DA sal sy steun in Gauteng bykans moet verdubbel om ’n meerderheid te behaal. Die kanse daarvoor is bitter klein, maar Msimanga het reeds bewys hy beskik oor die nodige charisma, leierskapsvermoë en kundigheid om in koalisie te regeer.

Volgens peilings het die DA se steun heelwat sedert sy triomfantelike vertoning in die 2016-verkiesing gedaal. Gebrekkige leierskap en onduidelike beleidstandpunte het daartoe bygedra. As een van die nuwe-geslag-DA-leiers waarmee Mmusi Maimane graag spog, sal Msimanga ’n sleutelrol moet speel om dié probleme so gou moontlik uit te stryk.

Meer oor:  Verkiesing  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.