Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Volksblad sê

Vrydagaand het Suid-Afrika inderdaad van een van sy grotes afskeid geneem toe prof. Marinus Wiechers oorlede is.

Benewens familielede en vriende, wat hom as ’n besonderse mens onthou, het hy op vele terreine in sy land help bou en onuitwisbare spore gelaat.

Hy word beskou as die vader van die administratiefreg in Suid-Afrika. Toe dit nie as toepassingsdissipline of vakgebied bestaan het nie, is hy as jong regsakademikus na Europa, waar hy dit bestudeer het en in Suid-Afrika kom vestig het. Sy aandeel aan die skryf van die nuwe demokratiese Grondwet is alombekend deur die bewese bydrae wat hy gelewer het as lid van die konstitusionele komitee in die veelparty-onderhandelings waaruit die nuwe bedeling gebore is.

Hy word beskou as die vader van die administratiefreg in Suid-Afrika.

In dié tydperk, maar ook in die jare daarna, was hy by uitstek een van die Suid-Afrikaanse kenners wat buitengewoon toeganklik was vir die media. Met groot geduld was hy bereid om soms ingewikkelde konsepte aan joernaliste te verduidelik wat hulle in staat gestel het om dit in verteerbare vorm met hul lesers te deel. So het hy ’n belangrike rol gespeel om die Suid-Afrikaanse publiek in te lig oor hul nuwe grondwetlike omgewing.

In sy ampstermyn as rektor van Unisa moes hy help om die eerste hoofstukke van die komplekse oorgangsfases van die universiteitswese aan een van die grootste instellings te bestuur.

Onlangs is hy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer as mede-ontvanger van die Jan H. Marais-prys vir ’n “uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur ’n wetenskaplike werk en publikasies op ’n hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans”. By ’n geleentheid daarvoor in Pretoria vroeër vanjaar het hy vir oulaas ’n lansie vir Afrikaans gebreek: “Na my beskeie mening is die geredelikheid waarmee jonger geslagte Afrikaanssprekende wetenskaplikes Engels as vanselfsprekend aanvaar, misplaas.” Volgens hom het digitale vertaling so ontwikkel dat “die verweer van toeganklikheid nie steek hou nie”.

Meer oor:  Marinus Wiechers  |  Hoofartikel  |  Afsterwe  |  Geskiedenis  |  Regte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.