Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Padselfsug in SA verg verandering van denkwyse
Kommentaar: Die Burger, Beeld en Volksblad sê

Die feestyd is ingelui deur ’n swart langnaweek op die land se paaie. Die onrusbarende realiteit is dat die 416 motorongelukke in die langnaweek en die byna 100 sterfgevalle tot dusver in Desember nie buitengewoon is nie.

’n Nuusberig oor botsings wat talle slagoffers eis, is alledaags. 12 mense is Saterdag dood in ’n ongeluk op die N1 by Touwsrivier en ses mense Sondag naby Libode in die Oos-Kaap; nog vyf Maandag tussen Beaufort-Wes en Aberdeen, en ses gister buite Clocolan en twee op die N6 tussen Reddersburg en Smithfield.

paaie, reis
Om die langpad aan te durf, raak al hoe duurder... Foto: Unsplash

Die syfers gee nie die grusaamheid van die ongelukke of die lyding van verminkte oorlewendes weer nie. Vergeleke met lande soos Brittanje, Au­stralië­, Nieu-Seeland en die VSA met “normale” ongeluk­syfers (minder per jaar as verlede naweek in Suid-Afrika), is die padslagting in ons land gewis abnormaal.

Volgens die die Padverkeersbestuurskorporasie is menslike faktore (dronkbestuur, hoë snelheid, roekelose bestuur, selfoongebruik, onpadwaardige voertuie) die hoofoorsaak van sowat 77% van alle noodlottige padongelukke.

Dit verklap ’n padmentaliteit wat ’n simptoom van die Suid-Afrikaanse siekte van aanmatigende eiegeregtigheid is. Mense bestuur nes hulle wil.

Uiteraard is sigbare wetstoepassing, insluitend optrede teen onpadwaardige voertuie, asook bewusmakingsveldtogte, soos Kom Veilig Daar en die minister van vervoer se padveiligheidsveldtog vir die feestyd noodsaaklik, en goeie werk verdien lof.

Die ongelukkige waarheid is dat dit ’n breë verandering van denkwyse gaan verg om die padselfsug in die gedaante van agtelosigheid, roekelose onbeskoftheid en waansinnige doodsveragting – vir die bestuurder en ander se lewe – te stuit.

Almal wat dit op die pad waag, is aan die waansin uitgelewer. Ook wetsgehoorsame en bedagsame motoriste ontkom nie die padslagting nie. Alle bestuurders kan wel met goeie voorgevoel en wetsgetrou bestuur.

Omsigtige bestuurders begaan ook oordeelsfoute. Doelbewuste wetsoortreding is ’n ander saak. Diegene deur wie se selfsug ander sterf, maak hulle eintlik skuldig aan padmoord.

Dink vir ander bestuurders ook terwyl jy ry, en ry só dat jy nie ook ’n padmoordenaar word nie.

Meer oor:  Sterfgevalle  |  Motorongelukke  |  Feestyd  |  Paaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.