Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld en Volksblad sê
kerktoring notre dame
Die Notre Dame se kerktoring in vlamme. Foto: Reuters

Beloftes van veel meer as R1 miljard het binne ’n dag of twee ingestroom vir restourasie aan die ikoniese Franse katedraal in Parys, die Notre Dame. En nog is op pad.

Dadelik ontstaan die vraag: Waarom? En sou sulke geld nie noodwendig meer kon beteken om verligting vir armes te bring nie? Of vloedslagoffers?

Verbystering en emosie het gou hoog geloop oor die skoktoneel van die statige en bekende landmerk wat in ’n vernietigende brand gehul was.

Getrou aan die aard van politici was pres. Emmanuel Macron van Frankryk ook vinnig op die toneel. Te midde van sy huidige politieke probleme, met onder meer die geelbaadjiebetogings, het hy geen gras onder sy voete laat groei nie om die reaksie-agenda te bestuur met: “Ons sal herbou!”

Daar is altyd meer nuuskierigheid en belangstelling as dit oor iets bekends gaan. Bykans alle toeriste aan Parys het die katedraal al besoek of beslis gesien. Dit is ook gereeld in lugtonele van TV-reisprogramme wat in Parys draai of selfs soms in fliektonele.

Moontlik het die eeue oue baken mense weer aan hul verganklikheid herinner.

Natuurlik is dit ook ’n Christelike en meer spesifiek ’n Rooms-Katolieke kerkgebou. Dit is een van die Christelike geloof se bekendste bakens.

Moontlik het die eeue oue baken mense weer aan hul verganklikheid herinner, ironies juis hulle wat die beplanners en boumeesters van sulke geboue is. Of dalk het mense in die dolle moderne gejaag van voortdurende veranderlikheid en vele nuwe sosiale en politieke korrektheid wat bykans afgedwing word tog in ’n onbewaakte oomblik hul hunkering na ’n groter mate van onveranderlike standhoudendheid gewys.

’n Simbool van waardes en trots vir sommige. Dalk oppervlakkige sentiment vir ander. In Europa kan dit ook verband hou met die snel veranderende bevolkingsamestelling weens die invloei van buitelanders en die gepaardgaande druk op kulturele en godsdienstige identiteit. Dalk ’n bastion van ’n stadig verkrummelende Westerse ryk wat gebrand het?

Hoe dit ook al sy. Een moontlike waarde wat dalk tog uit die brand kan kom, is dat mense wel vir ’n oomblik tot stilstand gedwing is. En al is dit met uiteenlopende perspektiewe, tog net kon besin oor dit wat werklik saakmaak.

Meer oor:  Notre Dame  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.