Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
Die feit is egter dat die howe in groot mate al die kwessie van universiteits-taalbeleid beslis het.

Die debat oor Afrikaans as onderrigtaal aan tradisioneel Afrikaanse universiteite bly lewendig.

Prof. Dan Kgwadi van NWU sê selfs dat die vakbond Solidariteit “Afrikaners by die verkeerde begrafnis laat huil” en “paranoia veroorsaak” , aangesien Afrikaans in die universiteit se veeltalige konteks steeds gelyk sal wees aan ander tale.

Sy Stellenbosse ampgenoot, prof. Wim de Villiers, bevestig Afrikaans is een van die onderrigtale en die aanbod word vanweë die aanvraag voortgesit. Hy voeg by dit is om grondige pedagogiese redes en nie ideologie of identiteit nie.

Maar dié wat met hulle verskil, insluitende organisasies soos Solidariteit en Gelyke Kanse, meen Afrikaans moet sy status as primêre onderrigtaal behou. Hul agterdog dat hier ’n geleidelike wegbeweeg van Afrikaans is om mettertyd grootliks vir Engels plek te maak, word gevoed deur voorvalle by albei universiteite waar een ding in die openbaar gesê word en optrede agter die skerms of vertroulike dokumente op die teendeel dui. Dit het die geloofwaardigheid van die twee universiteite se leierskorps oor die saak in die gedrang gebring.

Die feit is egter dat die howe in groot mate al die kwessie van universiteitstaalbeleid beslis het. Tradisioneel Afrikaanse universiteite het nou die reg om hul taalbeleid aan te pas.

In die nuwe werklikheid is Kgwadi wel reg wanneer hy sê die enigste mense wat kan sorg dat Afrikaans voortbestaan, is die studente self. De Villers sinspeel ook daarop dat onderrig in Afrikaans voortbestaan omdat daar steeds ’n aanvraag is.

Registrasiepatrone dui op al hoe meer Afrikaanse studente wat – meestal vanweë praktiese redes – Engelse klasse verkies. Dit blyk dat onderriggehalte vir hulle toenemend ’n belangriker faktor as taalkeuse is. Volgens sommige is die nuwe bedeling ’n bevryding van ideologiese bagasie vir ’n taal wat nou juis sal gedy. Ander lui al die doodsklokke. Hier kom interessante eietydse geskiedenis oor ons taal.

Meer oor:  Afrikaans  |  Onderrigtaal  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.