Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: Leon Sadiki

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se plasing van 81 nuut aangestelde ingenieurs en stads- en streek-beplanners by 55 sukkelende munisipaliteite in sewe provinsies – buiten die Wes-Kaap en Gauteng – is ’n druppel aan die emmer, maar elke bietjie help.

Dié krisisbestuur wat dr. Zweli Mkhize, die betrokke minister, aangekondig het, is bitter nodig om ’n ommekeer in die munisipale agteruitgang te help bewerkstellig.

’n Voorbehoud is egter dat dié kundiges met ope arms verwelkom word en toegelaat word om hul werk te verrig – die werk wat die munisipaliteite nalaat om te doen.

In dié opsig is dit strategies goed dat Cogta hul salarisse gaan betaal. Hulle bly dan verantwoordbaar aan die departement en nie aan die munisipale raadslede en amptenare wat hul pligte versuim nie.

Plaaslike ANC-faksiegevegte en wedywering om geriefsvoordele in ’n web van patronaatskap en selfverryking bring wel vir die nuwe ingenieurs en stads- en streekbeplanners uitdagings mee.

Die aanklag is dat van Suid-Afrika se 257 munisi-paliteite slegs 7% goed funksioneer, terwyl 31% taamlik disfunksioneel is, 31% bykans wanfunk-sioneel, en die ander 31% wanfunksioneel.

In ’n kultuur van onbekwaamheid, laksheid, toeëiening en waarskynlik vyandigheid sal hulle hulself professioneel moet laat geld.

Die permanente oplossing op dié regeringsvlak naaste aan Suid-Afrikaners bly egter steeds dat die ANC erken die munisipale krisis is sy toedoen.

Die aanklag is dat van Suid-Afrika se 257 munisi-paliteite slegs 7% goed funksioneer, terwyl 31% taamlik disfunksioneel is, 31% bykans wanfunk-sioneel, en die ander 31% wanfunksioneel.

Die ANC-regering moet sy erns met ’n ware reg-rukplan toon deur kaderontplooiing te staak en bekwame mense aan te stel wat deur puik werk wil dien eerder as om geriefsvoordele na te jaag.

As dít die oogmerk met die nuwe aanstellings is, is die ANC (uiteindelik) op die regte pad.

Die welslae van hierdie ingryping sal afhang in welke mate dit daartoe bydra om die haglike toestand van die munisipaliteite te verlig.

Dit behoort nie te moeilik te wees nie. Die verval in stede en dorpe kom van jare se swak of geen diens en die verwaarlosing van die infrastruktuur.

As die belofte van boorgate, waterprojekte en -be-stuur, rioolaanlegte, opknapping van paaie en dies meer nagekom word, kan dit net tot vordering lei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.