Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
Herman Mashaba, DA-burgemeester van die Johannesburgse metroraad. Foto: Argief

Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg-metro, verdien sterk ondersteuning en lof vir sy aandrang dat die stad R290 miljoen van Denel moet terugkry.

Die bedrag was deel van die era van staatskaping se vreemde rondskuif van geld tussen owerhede, openbare ondernemings en ander entiteite. Dit is niks minder as ’n onaanvaarbare vergryp dat ’n metrogebied ’n lening sonder enige waarborg aan ’n wapenvervaardiger moes gee nie.

Denel het nou eenvoudig eensydig besluit om nie vir die terugbetaling van die lening te begroot nie. En Pravin Gordhan, minister van openbare onder­nemings, was sy hande in onskuld en verklaar vroom dat die stad nie noodwendig sy geld gaan kry nie.

Hopelik hou Mashaba by sy kantoor se aanduiding dat regsadvies ingewin sal word as die geld nie teen die sperdatum van 10 Desember terugbetaal is nie. En volg hy die raad van Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, om ’n eis teen Denel in te stel.

Gemeet aan die miljarde rande wat ANC-amps­draers van Suid-Afrikaners geroof het, is die R290 miljoen ’n druppel aan die emmer.

Gemeet aan die miljarde rande wat ANC-amps­draers van Suid-Afrikaners geroof het, is die R290 miljoen ’n druppel aan die emmer. Maar vir ’n owerheidsinstelling wat basiese dienste moet lewer, is dit baie geld. Bykans 2 000 basiese huise kan daarmee gebou word.

Die ANC maak ’n fout as hy dink die ontknoping van staatskaping gaan daarop neerkom om bloot “van nou af dinge reg te doen” en die reeds aangerigte skade as gedane sake te beskou. Daarom behoort Mashaba en die DA die kwessie van die R290 miljoen as ’n beginselsaak te beskou wat betref die regstel van die skade wat die ANC se wanbestuur meegebring het.

Mashaba behoort Roodt se raad te volg en Denel laat likwideer as dit dan nodig is. Net soos met die stryd teen staatskaping, kort die ontknoping daarvan ook vasberade optrede.

Voorts is dit nodig dat Mashaba ’n indringende

ondersoek gelas na die optrede van Regiments

Capital, wat die stad se delgingsfonds bestuur en die skuldbriewe daaruit aangekoop het.

Die ANC, wat die metro eens voorgehou het as ’n kroonjuweel van sy regeringsprestasie, se erflating in die Goudstad lyk al hoe meer verdag.

Meer oor:  Denel  |  Herman Mashaba  |  Anc  |  Hoofartikel  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.