Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Hansie Cronjé se nemesis gepantser vir staatskapers
Kommentaar: Beeld sê

Dinsdag het nog ’n uiters bekwame Suid-Afrikaner pres. Cyril Ramaphosa se uitdaging aan sy landgenote in sy eerste staatsrede aanvaar: “Thuma Mina”, oftewel: “Stuur my.”

Adv. Shamila Batohi, nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) en die eerste vrou in dié uitdagende pos, het met haar intrapslag op dié opofferingstema voortborduur: “Elkeen moet bereid wees om prys te gee wat nodig is ter wille van die goeie stryd. Ons land het ons nodig.”

Shamila Batohi

Oor die pad van wanbestuur en korrupsie wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) tot by hierdie kruispad gestap het, is al rieme geskryf. Volstaan om te sê die vrou met dekades se ervaring as aanklaer en as raadgewer van die Internasionale Strafhof het ’n dik streep in die sand getrek toe sy sê dit sal nie verder geduld word nie. Haar eerste taak sal wees om die ingewikkelde web van intriges, leuens en sameswering by die NVG te ontrafel.

Voorts gaan sy diegene wat “ons instellings gekorrupteer en die publiek se vertroue en die waardes van die Grondwet verraai het” tot verantwoording roep. Dieselfde geld dié in die korporatiewe sektor wat aan growwe vergrype skuldig is.

Hulle weet wie hulle is en moet maar lig slaap. Batohi was die destydse krieketheld Hansie Cronjé se nemesis in die wedstrydknoeiery-sage. Sy lyk vasbeslote om dieselfde rol te vervul in die geval van dié wat Suid-Afrika tot by die randjie van die afgrond van staatskaping en korrupsie gedryf het.

Haar omvattende ervaring sal verhoed dat sy onder openbare druk vir geregtigheid swig en ondersoeke te gou probeer afhandel, soos wat in die Estina-saak die geval is.

Ramaphosa verdien ’n pluimpie vir die aanstellingsproses, wat algeheel bo verdenking was. ’n Paneel van kundiges buite die ANC het die NDOV-kortlys saamgestel. Ingevolge die Grondwet was hy binne sy regte om ongeag dié proses steeds sy eie kandidaat te kies. Met die Bosasa-wolk wat oor sy kop hang, kon die versoeking groot gewees het om iemand in sy eie binnekring aan te wys.

Die boublokke van ’n stewige fondament vir die Ramaphosa-era word stadig maar seker geplaas. Plek-plek beur ’n sterk ligstraal van die “nuwe daeraad” deur die donker wolke wat die laaste paar jaar om Suid-Afrika saamgepak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.