Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
skool

Alles moontlik is verkeerd met die omstrede gr. R-klasfoto van die Laerskool Schweizer-Reneke wat op sosiale media beland het.

Dit is nie ’n toevallige klastoneel wat afgeneem is nie. Die kinders by die hooftafel is duidelik gevra om reguit na die kamera te kyk en poseer ooglopend daarvoor. Dit maak die groepie by die eenkanttafel sigbaar uitgesluit.

Selfs as die kinders by die ander tafel almal wit was, sou hul ouers afgehaal gevoel het omdat hulle nie ook genooi is vir die geposeerde foto wat veronderstel was om te wys “alles gaan goed” in die klas nie. Soveel te meer omdat hulle die swart kinders in die klas is, was dit uiters ondeurdag en onsensitief.

Wat ook al die motief of nie, dit gaan hier in die eerste plek oor gewone gesonde verstand wat duidelik nie geseëvier het nie.

Wat ook al die motief of nie, dit gaan hier in die eerste plek oor gewone gesonde verstand wat duidelik nie geseëvier het nie. Nie oor die sitplekreëlings of oor die foto nie. Vanselfsprekend is daar diegene wat enige moontlike rasverwante voorval sal probeer uitbuit of opblaas, maar dit is nie die hoofkwessie hier nie. Dit moes in die eerste plek nooit gebeur het nie. En gaan vanselfsprekend ook by welmenende swart ouers en kinders die wantroue oor of die ervaring van rassisme laat.

Gesonde verstand seëvier gelukkig wel in die verklaring wat Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerraad, uitgereik het. Hy maak dit duidelik dat die aparte sitplekreëlings nie die skool se karakter weerspieël nie. En dat daar reeds ’n suksesvolle integrasiemodel by die skool is. Hy wys ook daarop dat oudleerlinge van alle agtergronde ná bywoning van die skool voortgaan om op verskillende terreine te presteer.

Diegene wat enige moontlike skeefgetrekte reaksie op die voorval wil veroordeel, kan dit net met geloofwaardigheid doen as hulle die aanvanklike oorsaak ook veroordeel. Want die onderwyseres se optrede is geen manier om instellings van goeie onderwys te beskerm of te bevorder in die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap nie. Dit voer juis die sosialistiese monster wat sulke instellings wil afbreek tot die laagste gemene deler.

Dit is ook ’n slaanstok in die hande van diegene wat graag die hoofstroom- wit Afrikaanse gemeenskap steeds as rassisties wil voorstel. ’n Skoen wat net gaan pas as dit die heeltyd aangetrek word.

Meer oor:  Rassisme  |  Apartheid  |  Hoofartikel  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.