Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
School teacher teaching students in front of class
Illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die uitstel van die inwerkingstelling van die Gautengse onderwysdepartement se nuwe aanlyn skoleregistrasieplatform vir gr. 1- en gr. 6-leerlinge word verwelkom.

Die probleme met die platform is nie enkelvoudig nie. Benewens verskeie funksionele leemtes, is die ignorering van leerlinge se taalvoorkeur ’n groot bron van kommer.

Leerlinge wat nie die taal van ’n betrokke enkelmediumskool magtig is nie, sal in dié skool geplaas word bloot op grond daarvan dat hulle in die voedingsgebied woon.

Met die wysiging van die regulasies oor toelating word met die apartheidsvoorregte weggedoen, volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement. Die departement onderneem om nog onderwysers aan te stel en ekstra leermateriaal te voorsien om die druk op dié skole te verminder.

Dit is ’n skrale troos, komende van ’n departement wat nie eens skole se infrastruktuur kan oppas, handboeke voorsien en puttoilette uitfaseer nie.

Om skole dan te verplig om hierdie pad te volg, voorspel niks goeds nie.

Dat die demografie van gebiede om skole verander soos wat verstedeliking plaasvind, veral in ’n provinsie soos Gauteng, is logies en daarom het baie stadskole reeds parallelmedium geword of hul onderrigtaal verander.

Om skole dan te verplig om hierdie pad te volg, voorspel niks goeds nie. Nie net bedreig dit gehalteonderrig nie, dit plaas ook ekstra druk op die departement se finansieringsmodel. Die grootste slagoffer gaan wel Afrikaans as onderrigmedium wees.

Die aanlyn stelsel, soos dit tans daar uitsien, is volgens sommige organisasies strydig met die Skolewet en stroop die magte van beheerliggame, veral ten opsigte van die bepaling van taal- en toelatingsbeleid soos in die wet uiteengesit.

Dit lyk of die departement Afrikaanse skole die sondebokke maak, terwyl hy in der waarheid misluk om sy plig na te kom: om vinniger skole te bou en gehalteonderrig by alle skole te waarborg.

Suid-Afrikaanse kinders het die reg op gehalte­onderrig en mag nie van daardie reg ontneem word nie. Nie deur uitsluiting nie en ook nie deur die verlaging van onderrigstandaarde nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.