Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger en Beeld sê
070318w Nuus- Johannesburg-Key appointments to the
Adjunkhoofregter Raymond Zondo

Portefeuljekomitees is die enjinkamers van die parlement. Dis daar waar robuuste ondervraging veronderstel is om departemente wat droogmaak, se geraamtes uit die kas te laat tuimel.

Hierdie grondwetlike oorsigplig het soos water van die ANC-beheerde vyfde parlement afgerol. Van sy skokkendste misdade teen Suid-Afrika is die weiering om oudpres. Jacob Zuma weens Nkandla verantwoordbaar te hou en Bathabile Dlamini weens die Sassa-debakel.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo se aankondiging oor die aanwysing van ’n taakspan om ondersoek in te stel of die parlement sy oorsigrol deeglik genoeg gedoen het om staatskaping of grootskaalse korrupsie vroegtydig te keer, sal derhalwe verwelkom word deur almal wat hartlik siek is daarvoor dat diegene wat Suid-Afrika in ’n bedompige moeras gedompel het, skotvry daarvan afkom.

Zondo het dié besluit geneem ná skokkende getuienis van ’n Reserwebank-amptenaar oor meer as 64 sake van die onwettige uitvloei van

Volgens Zondo kon staatskaping en korrupsie vroeër getakel gewees het as die parlement sy oorsigrol behoorlik vertolk het.

geld wat met staatskaping verband hou en wat by die polisie, die nasionale vervolgingsgesag en die parlement aangemeld is – sonder dat enige optrede gevolg het.

Volgens Zondo kon staatskaping en korrupsie vroeër getakel gewees het as die parlement sy oorsigrol behoorlik vertolk het. Voorts moes portefeuljekomitees opgetree het as staatsamptenare nie kon verduidelik waarom hulle nie hul werk doen nie. Hy noem die moontlikheid van kapasiteitsprobleme, maar die waarskynlikheid van staatskaping in portefeuljekomitees is dalk nader aan die kol. Voorts dat “staatsagentskappe so opgetree het omdat hulle geweet het daar sal nie gevolge wees nie”.

Hopelik sal Zondo se ondersoek die boodskap aan die sesde parlement stuur dat hulle namens hul landgenote moet toesien dat geen ongerymdhede in die uitvoerende gesag geduld word nie. Dat hul eerste lojaliteit die welstand van Suid-Afrika en sy mense is en nié hul party nie. As hulle dit nie doen nie, moet daar ook vir hulle gevolge wees.

Intussen wens ons die taakspan sterkte toe met ’n deurslaggewende taak wat ’n deursigtige staat kan help verseker. In die proses sal hulle ’n bydrae lewer om ’n eens trotse instelling te rehabiliteer wat Zuma en sy span feitlik vernietig het.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  Hoofartikel  |  Taakspan  |  Parlement  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.