Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger en Beeld sê
Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling. Foto: Gallo Images

In vele opsigte was die suurpruim-politikus Bathabile Dlamini die afgelope tien jaar ’n belangrike deel van die ANC se gesig.

Sy was lief vir luukshede op die belastingbetaler se rekening, soos haar verblyf in een van die land se duurste hotelle getuig het. Volgens alle aanduidings was sy ’n swak minister wat ondanks bewerings van korrupsie oorleef het, ook as voorsitter van die ANC-vroueliga.

Dit selfs nadat die konstitusionele hof die nasionale vervolgingsgesag versoek het om ondersoek in stel of sy nie vervolg moet word vir haar vermeende liegpraatjies voor regter Bernard Ngoepe nie. Hy het ondersoek ingestel na die Sassa-skandaal oor die wanbestuur van maatskaplike en ouderdomspensioene.

Sy was ook tot die einde ’n groot ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma. Hulle het gedink die ANC-leierskorps moet die hoogste gesag in die land wees en nie die Grondwet nie.

Dit is ’n pluimpie vir pres. Cyril Ramaphosa dat hy vas gestaan het teen haar heraanstelling in die kabinet.

Dit is ’n pluimpie vir pres. Cyril Ramaphosa dat hy vas gestaan het teen haar heraanstelling in die kabinet. Suid-Afrika sal haar nie as minister of LP mis nie. Maar dit mag ter wille van die land se geloofwaardigheid nie die laaste sien van haar wees nie. Sy moet in ’n beskuldigdebank van ’n hof staan sodat daar finale uitsluitsel kan wees of haar uitlatings voor Ngoepe strafbaar is.

Sy het in haar bedankingsbrief as LP vir die ANC ’n verrassing gelos deur te beweer vroue van hooggeplaaste ANC-lede het voordeel uit die Sassa-skandaal getrek. Die DA was reg om te eis dat sy die inligting onmiddellik met die vervolgingsowerhede moet deel. Sy het dié wetlike plig waarskynlik nie besef toe sy dit in haar brief gemeld het nie. Hopelik beëindig dit uiteindelik volgehoue ontwyking van behoorlik verantwoording doen vir haar dade.

Van die gal wat sy in haar brief braak, sluit in dat Suid-Afrika nog nie gereed is vir ’n vroulike president nie. Wat sy nie besef nie, is dat die land gereed is vir enige president (man of vrou) wat bekwaam kan regeer. Maar enigeen (man of vrou), gesteun deur staatskapers en met witmonopoliekapitaal as enigste verkiesingslagspreuk, hoef met reg nie ernstig opgeneem te word nie.

Gelukkig vir die land is Dlamini nou deel van die gesig van ’n mislukte politieke orde.

Meer oor:  Bathabile Dlamini  |  Korrupsie  |  Bedankings  |  Ministers  |  Kabinet  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.