Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger en Volksblad sê
Die LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanninig, Mathabo Leeto. Foto: Mlungisi Louw

In Suid-Afrika met sy verdeelde verlede en sug na rasseharmonie spreek die opruiende uitsprake van Olly Mlamleli, Mangaung se burgemeester, en Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, van swak leierskap wat die brose land nie kan bekostig nie.

Die kwetsende rasgerigte uitsprake rig skade aan en impliseer dat die ANC se versoenende geluide, van pres. Cyril Ramaphosa onder toe, leë woorde is. Erger is die straffeloosheid hieroor van die ANC wat die indruk wek hy keur die soort wangedrag van ampsdraers goed of moedig dit selfs aan.

Ewe moedswillig as Mlamleli se “belofte” in ’n raadsitting – dae ná die ANC-leier se aankondiging oor grondonteiening sonder vergoeding – dat Mangaung-raadslede in Bloemfontein nie kan wag om teruggeneemde plase te herverdeel nie, was ANC-raadslede se gretige verwelkoming daarvan.

Albei dié ANC-kaders het ’n ongelukkige rekord, wat die partyprofiel pas vir bevordering van kaders wat patronaatskap in stand help hou.

In die Vrystaatse wetgewer het die DA uitgestap omdat Leeto sou gesê het alle wit mense is verkragters en die DA-leier in die wetgewer ’n “stuk ontlasting”. Op die departementele Facebook-blad krabbel sy nou dubbelsinnig terug oor wat sy ten aanhore van ander sou gesê het, of nie. Ook die speaker wil dit eers gaan “bestudeer”.

Die Afrikanerbond se welkome klag by die Menseregtekommissie oor Leeto se “ekstreme rassistiese aanval op wit Suid-Afrikaners” sal hopelik lig op haar gesplete praatjies werp.

Leeto se woordspelery en Mlamleli se (opsetlike?) oningeligtheid én disinformasie in een asem strook met gewone ANC-blaamskuif en -oëverblindery en soortgelyke uitsprake en optrede landwyd.

Albei dié ANC-kaders het ’n ongelukkige rekord, wat die partyprofiel pas vir bevordering van kaders wat patronaatskap in stand help hou.

Matjhabeng ly steeds weens Leeto se mislukte burgemeesterskap. ’n Saak oor beweerde tender-ongerymdhede waarin sy betrek was, is – volgens die hof – slegs weens swak ondersoekwerk afgelas.

Mlamleli se prestasie is dat onder haar “bestuur” Bloemfontein se stadsaal afgebrand is en die stad in ’n rommelhoop verval het.

Oor die redes vir hul hatigheid kan daar net bespiegel word. Dit maak korte mette van die ANC se laaste greintjie geloofwaardigheid. Ook vir sy onthalwe, móét die party Leeto, Mlamleli en diesulkes uit hul ampte verwyder.

Meer oor:  Mathabo Leeto  |  Vrystaat  |  Haatspraak  |  Rassisme  |  Lur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.