Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger en Volksblad sê
pravin gordhan
Pres. Cyril Ramaphosa wens Pravin Gordhan geluk.

Taamlik gebalanseerd. Heelwat gedugte ministers. Goeie kombinasies in spanverband. ’n Paar kompromis-aanstellings wat pres. Cyril Ramaphosa (en die land) later kan inhaal. ’n Paar gevaarligte. Enkele oorblywende harlekyne. En ’n baie groot “Good”-verrassing . . .

Die samestelling van Ramaphosa se kabinet wat hy eergister laat aangekondig het, is so belowend as wat die land te midde van ’n eindelose magstryd in die ANC voor kon hoop.

Ekonomiese oplewing, verskansing van die regstaat, en die bestuur van die Grondwet-wysiging vir grondonteiening sonder vergoeding sal later die slaagsyfer van die president en sy span bepaal.

Ramaphosa het sy belofte van ’n kleiner span nagekom deur die ministers te verminder van 36 tot 28 (in Thabo Mbeki se tweede termyn was daar 26), maar die baie adjunk-ministers wis besparing uit.

’n Rede tot kommer is die adjunk-presidentskap van die omstrede David Mabuza .

’n Rede tot kommer is die adjunk-presidentskap van die omstrede David Mabuza (wat aan Rama­phosa die ANC-leierskap besorg het). Talle vorige bekleërs van die pos het later staatshoof geword. Oor sy amptelike regterhand – en oor Luthuli-huis – sal Ramaphosa wakker moet slaap.

Hy sal ook rekening moet hou met die skuif van Ayanda Dlodlo, ’n Ace Magashule-apologeet, na staatsveiligheid, ’n strategiese departement wat vir politieke spioenasie en rugstekery berug is.

Met die uitskakeling van Nomvula Mokonyane en Bathabile Dlamini, ondanks teenstand van die ANC-vroueliga, doen Ramaphosa beloftes oor skoon regering gestand. Net jammer die twee oudministers, wat met staatskaping verbind word, is nog LP’s. Ewe omstrede David Mahlobo, vroeër by staatsveiligheid, het as ’n adjunk-minister oorleef.

Tegnokrate soos Thoko Didiza, Naledi Pandor en Nkosazana Dlamini-Zuma vul belangrike poste. Tito Mboweni, Pravin Gordhan (wie se aanstelling ’n presedent kan skep) en Ebrahim Patel is ’n sterk ekonomiese groepering. Ronald Lamola (35) as minister van justisie lei die jong aanslag. En sy aanstel van die bittereinder Patricia de Lille uit opposisie-geledere sal die DA laat stik.

Nou is dit skouer aan die wiel vir die Cyril-span. Die tyd is verby vir praatjies oor die nasionale ontwikkelingsplan. Die kabinet moet die voorbeeld stel met aanvoorwerk vir ekonomiese oplewing om die “nuwe daeraad” te begelei.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Presidentskap  |  Ministers  |  Kabinet  |  Span
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.