Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Een van die grootste dilemmas in die teenswoordige internasionale politiek is hoe die wêreld op grootskaalse menseregtevergrype moet en kan reageer.

Een van die jongste voorbeelde hiervan is in ­Mianmar, waar die etniese minderheid bekend as die Rohingja uit die land verdryf is.

Uit ’n ondersoek deur die Verenigde Nasies (VN), waarvan ’n verslag pas gepubliseer is, blyk dit dat die land se weermag nagenoeg 725 000 Rohingjas verjaag het.

Dit het met onder meer grootskeepse geweld, massamoorde en -verkragtings gepaardgegaan.

Wat die saak des te neteliger maak, is dat Mianmar eers onlangs uit ’n jare lange nagmerrie van militêre diktatuur kom.

In dié tyd is die vlam van vryheid grotendeels brandend gehou deur Aung San Suu Kyi, wat in huisarres was, maar nooit aan die druk van die diktatuur toegegee het nie. Daarvoor het sy tereg die Nobelprys vir vrede gekry.

Dieselfde vrou, nou die land se leier, het egter haar stilswye bewaar terwyl die weermag die Rohingja gejag en verjaag het. Meer nog, sy het ontken dat daar ’n probleem is.

Na aanleiding daarvan het stemme begin opklink dat sy van haar Nobelprys ontneem word, maar die Nobel-komitee het verlede week daarteen besluit.

Nietemin, die vraag bly: Hoe moet die wêreld op só ’n situasie reageer?

In 1994 het die wêreld anderpad gekyk toe die grootste stam in Rwanda, die Hutu’s, die Tutsi’s op ongelooflike skaal met pangas en messe afgeslag en sowat 800 000 van hulle vermoor het.

Die VN se aanbeveling is dat die skuldiges in

Mianmar in Den Haag van volksmoord aangekla word. Maar die kans dat hulle op kort termyn uitgelewer gaan word, is nul. Eers sal die politieke situasie in Mianmar dramaties moet verander.

Die harde waarheid is dat die wêreld bitter min kan doen, behalwe om sanksies toe te pas – en dit is ’n stomp wapen wat dikwels misluk.

Suid-Afrikaners kan gerus kennis neem van die internasionale mislukking betreffende Mianmar en die lot van die Rohingjas, veral in die lig van die grondonteieningskwessie hier ter plaatse.

Interna­sionale druk sal nie die saak by ons duursaam oplos nie.

Meer oor:  Die Burger  |  Sanksies  |  Redaksionele Kommentaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.