Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê

Wat moet ’n mens dink van die nuus oor ’n groep hooggeplaaste amptenare in die Withuis wat vlytig werk om pres. Donald Trump se waggelende koers te neutraliseer?

Wat sy bevele stilweg negeer en selfs beleidsdokumente van sy lessenaar verwyder in die verwagting dat hy daarvan sal vergeet?

In enige gewone demokrasie sou só iets totaal onhoudbaar wees. Amptenare – of hulle nou professionele amptenare of politieke aanstellings is – is daar om die wettig verkose regering se beleid uit te voer en basta.

Pres. Donald Trump tydens 'n vergadering Woensdag in die Rooseveltkamer in die Withuis in Washington. Foto: Reuters

As iemand voel hy/sy kan daardie beleid nie met sy/haar gewete vereenselwig nie, en die persoon kan nie die beleid deur die gewone kanale gewysig kry nie, moet hy/sy die eerbare weg volg en bedank. Só gaan dit in elke gewone demokrasie.

In dié geval het ’n anonieme hooggeplaaste amptenaar in die Trump-administrasie egter verlede week ’n artikel in die New York Times geskryf waarin onthul word dat ’n aantal amptenare hul bes doen om Trump se ergste flaters te keer.

Dit pas in by die strekking van ’n boek deur die gerespekteerde Amerikaanse ondersoekende joernalis Bob Woodward (hy van Watergate-faam), waar dieselfde beeld na vore tree.

Woodward se boek, Fear: Trump in the White House, wat volgende week op die rakke is, onthul onder meer ’n chaotiese administrasie en ’n president wie se begrip van internasionale politiek glo gelykstaande aan die van ’n laerskoolkind is.

Dit pas ook in by artikels wat die laaste jaar en langer in die Amerikaanse media verskyn het – van ’n Trump wat na buite wilde dinge skree en ’n regering wat inderwaarheid ’n ander, verantwoordeliker koers volg.

Die artikel in die New York Times lees soos ’n noodkreet oor ’n president met die emosionele volwassenheid van ’n bedorwe tiener sonder beginsels en visie. Ofskoon die amptenare se “sabotasie” – as ’n mens dit só kan noem – in beginsel afgekeur moet word, lyk dit asof hulle desperaat is om hul land (en die wêreld) van ’n ramp te red.

As sodanig moet daar begrip vir hulle wees.

Tog was die artikel ’n yslike risiko. Dit kan ’n gefrustreerde Trump tot nog erger dade dryf.

En dan het die artikelskrywer sy land en die wêreld ’n groot onguns bewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.