Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê
Adjunk-hoofregter Raymond Zondo

Hopelik sal aandadiges aan staatskaping in die korporatiewe sektor ook deurtastend bekyk word deur die Zondo-kommissie of watter geskikte instansie ook al.

Dat oudpres. Jacob Zuma en die Guptas se stropingskabaal se tentakels wyd gestrek en heelwat meelopers in die private sektor gehad het, is reeds wyd bekend. 

Dit is weer eens bevestig deur ’n konsepverslag van die parlement se staande komitee oor openbare ondernemings wat voortydig bekend gemaak is.

Luidens berigte oor die verslag is 44 individue (onder andere Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings) en 25 maatskappye geïdentifiseer vir ’n moontlike strafregtelike ondersoek na staatskaping wat in die openbare ondernemingsektor gepleeg is.

Senior personeellede van die internasionale konsultantfirma McKinsey en die ouditgroep KPMG word luidens berigte ook in die verslag genoem.

Dit help nie die Zondo-kommissie fokus so op politieke oortreders dat die private sektor in die proses skotvry daarvan afkom nie.

Hoewel die staande komitee nog nie die verslag amptelik aanvaar het nie, is dit in die openbare belang dat staatskaping-meelopers uit die private sektor ook aan die pen ry. Dit geld ook maatskappye in verskeie ander sektore.

Dit help nie die Zondo-kommissie fokus so op politieke oortreders dat die private sektor in die proses skotvry daarvan afkom nie.

As dit blyk dat bykomende fokus, benewens die kommissie s’n, op die private sektor se aandeel aan staatskaping nodig is, behoort dit spoedeisend oorweeg te word.

Suid-Afrikaners het twee groot aftrekkings op hul salarisstrokie – belasting en aftreegeld. Tot nou was die fokus soveel op verantwoording vir die besteding van belastinggeld, dat grootliks vergeet is van verantwoording deur die korporatiewe sektor wat hul aftreegeld beheer.

Wette wat voorsiening maak vir toegang tot inligting is grootliks uitgedien en behoort hersien te word om groter toegang tot korporatiewe inligting te bied. Slegs dan sal Suid-Afrikaners voldoende beskerm word teen vergrype wat hul belange en welstand ondermyn.

In dié verband het aandelebeurse soos die JSE ook steeds ’n groter rol om deursigtigheid te verseker van diegene wat hulle noteer.

Meer oor:  Korrupsie  |  Gupta-Gesin  |  Zondo-Komissie  |  Hoofartikel  |  Staatsakping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.