Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê
Argieffoto van die KKNK Foto: Jaco Marais

Die Burger en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) stap al sedert die fees se beginjaar die pad saam. Baie geluk dus aan die KKNK met ’n baie groot mylpaal!

Vandag, ’n volle kwarteeu later, bly ons trots op die verbintenis, want daar is belangrike raakpunte in die onderskeie take van die fees en van die koerant.

Saam is ons storievertellers en net soos wat die rol van Die Burger nie alleen is om in te lig nie, is dit nie alleen die rol van die KKNK om te vermaak nie. Ons het albei die breër rol van maatskaplike en politieke kommentators.

As sulks is ons belangrike stemme in die nasionale gesprek, waarin Die Burger én die KKNK die spieël ophou om die wêreld, maar ook ons mense se plek daarin, krities te kan betrag.

As daar een ding is wat die afgelope 25 jaar ons geleer het, is dat ons nie aldag ons politieke leiers kan vertrou om ons nasionale gesprek gesond te hou nie.

As daar een ding is wat die afgelope 25 jaar ons geleer het, is dat ons nie aldag ons politieke leiers kan vertrou om ons nasionale gesprek gesond te hou nie.

Wat dít betref, deel die fees en die koerant die gemeenskaplike uitdaging om ’n bymekaarkomplek te wees waar mense uit verskillende gemeenskappe mekaar kan verryk en waar nuwe moontlikhede verbeel kan word.

Wat die nasionale dialoog betref, is die puik produksies en lewendige debat in openbare gesprekke nóg ’n aanduiding van die suurdeeg-effek wat die fees het. Hoe gepas is die tema van die vlagskipproduksie Koningin Lear dan nie.

Geskoei op Shakespeare se King Lear, lewer die produksie skerp kommentaar op die sakewêreld, waarin integriteit ’n skaars kommoditeit geword het – die keersy van staatskaping.

In onstuimige tye – soos wat die land tans weer beleef – is die neiging dikwels onder die magshebbers om alternatiewe stemme en gesigspunte te wil smoor.

Maar soos Alida Kok, politieke wetenskaplike en rubriekskrywer van Die Burger, dit netjies in ’n vorige gespreksreeks gestel het: “As mense swyg, word despotiese mag genormaliseer . . . So, ondersteun ons kunste, dink krities, neem deel aan gesprekke, vind alternatiewe maniere om toegang te skep tot die hulpbronne wat ons benodig om te leef en hernu só die uitvoerende gesag.”

Geluk dus met ’n puik en relevante program. En tweedens, geluk met die wyse waarop die fees oor en oor bewys dat Afrikaans jou nie diskwalifiseer om deel van die nasionale debat te wees nie.

Meer oor:  Kknk  |  Fees  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.