Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê
Hawies Fourie, afrigter van Maties. Foto: Danie Keet

Dat die Varsitybeker-reeks (VB) ’n juweel in die Suid-Afrikaanse rugbykroon geword het, is Maandagaand weer eens in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch uitgebeeld.

Die Maties het voor ’n passievolle skare hul VB-titel behou deur ’n gedugte Tukkies-span met 34-12 te klop.

Hawies Fourie, die Maties se breier, asook prof. Mohammad Karaan, die klub se president, en Ilhaam Groenewald, die hoofdirekteur van Maties Sport, verdien groot lof vir hul bestuur van een van Suid-Afrikaanse rugby se grootste bates.

Die Maties was deur die jare heen vir die Weste­like Provinsie en die Springbok-span ’n belangrike voedingsbron, wat die Maroen Masjien se welslae soveel meer verblydend maak. Die VB-reeks vervul met die Bokke in gedagte ook ’n belangrike rol en ’n vol stadion het getuig van ’n kompetisie wat die verbeelding aangryp.

Voorts blyk die VB-reeks minder las te dra van die bestuurspolitiek wat Suid-Afrikaanse rugby dikwels kenmerk. Rigiede transformasieteikens en dies meer kom nie met ewe veel las ter sprake nie. Tog het die kookwatervleuel, Edwill van der Merwe, vanjaar die voorste driedrukker van alle tye in dié reeks geword met 23 loopbaandrieë.

As sulks moet die Varsitybeker gekoester word as ’n uitmuntende ontwikkelingsgeleentheid vir Suid-Afrikaanse rugby.

As sulks moet die Varsitybeker gekoester word as ’n uitmuntende ontwikkelingsgeleentheid vir Suid-Afrikaanse rugby. Baie spelers het hier ’n sterk grondslag vir hul loopbaan gelê. Die afrigters in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, John Dobson en Robert du Preez, is ook in dié reeks geslyp.

Met die Stormers Saterdag op Nuweland in ’n Superrugby-wedstryd teen die Brumbies in aksie, gaan dit interessant wees om te sien of ’n span vol toetsspelers ’n ewe groot skare kan lok. ’n Karige skare van 10 000 het opgedaag vir die Stormers se laaste wedstryd op Nuweland, teen die Jaguares van Argentinië.

Die belangrike vraag is natuurlik hoe rugby op ’n veel hoër vlak sukkel om by die VB-reeks – wat eintlik net klubrugby is – kers vas te hou.

Die antwoord is waarskynlik dat die VB-reeks meesterlik bemark word. Dit bring pret, borge en ’n goeie kompetisie met ’n sinvolle struktuur saam, met rugby wat as die wenner uit die stryd tree. Mag die VB-reeks lank voortleef . . . selfs al moet die Maties soms verloor.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Maties  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.