Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê
Suidoosterfees
Suidoosterfees

Die Burger is baie trots daarop om vanjaar weer betrokke te wees by die Suidoosterfees, wat vandag begin – vanjaar al die 16de fees!

Dié fees en die koerant stap al ’n lang pad saam, waarop ons stories op ’n belangrike manier ook deel van dieselfde storie geword het.

Voor ’n eg Kaapse gehoor speel ons byvoorbeeld albei die rol van storieverteller met ’n eg Kaapse stem. Ons praat dieselfde taal, al is dit soms met ander aksente. Daarom ook dat Die Burger graag vanjaar se slagspreuk – “ ’n Fees vir almal” – heelhartig ondersteun en uitroep.

Terwyl die Suidoosterfees met sy strewe na inklusiwiteit puik daarin slaag om mense van verskillende rasse, klasse en agtergronde bymekaar te bring, is dit ’n projek waarby Die Burger se roeping besonderse aanklank vind. Ons sien dit as deel van ons taak om mense van verskillende agtergronde méér van mekaar te laat verstaan. Om mense binne hoorafstand van mekaar te hou, en veral in Afrikaans.

Ons hou die spieël op om die wêreld, maar ook ons mense se plek daarin, krities te betrag.

En as storievertellers is Die Burger en die Suidoosterfees ook vennote in dieselfde projek. Ons hou die spieël op om die wêreld, maar ook ons mense se plek daarin, krities te betrag. Ons verteenwoordig ’n onafgehandelde byeenkoms, ’n onafgehandelde gesprek waar mense uit verskillende gemeenskappe mekaar kan hóór, mekaar kan raaksien en mekaar kan verryk.

Dis ook ’n ideaal waarin wyle dr. Jakes Gerwel ’n diep geloof gehad het en hy sou bepaald vanjaar se slagspreuk ook vir die land tot wasdom wou laat kom. Des te meer in dieselfde jaar dat ons in ’n verkiesingsjaar ook ’n kwarteeu van demokrasie gedenk. Inderdaad: “ ’n Lánd vir almal.”

Dié gedagte vier ons met oorgawe, want om via die kunste jou uitkyk op die wêreld te verruim is bepaald die moeite werd – iets om oor fees te vier.

Die Burger nooi u graag om deel van dié wonderlike storie te wees en saam te vier aan 16 soete jare. Kom ervaar ’n puik program van toneel, woordkuns, musiek, dans, komedie en woordkuns. Kom neem deel aan die Gerwel-gesprekreeks. Laat ons “taal en teater gebruik om ons verskeie leefwêrelde te verenig”, soos prof. Brian Figaji, die fees se ­voorsitter, tereg sê.

Mag dit vorentoe goed gaan met die fees en sy mense.

Meer oor:  Suidoosterfees  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.