Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Die Burger sê
verkiesing 2019
Die bord met uitslae by die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla

In die nadraai van die verkiesing gaan sowel die DA as die ANC deeglik ondersoek moet doen na hul onderskeie rolle as opposisie – die DA op nasionale vlak en die ANC in die Wes-Kaap.

Ofskoon die fokus van enige verkiesing lê in die behoud of verkryging van mag, is ’n stewige opposisie ’n voorvereiste om die regeerders op hul tone te hou. Maar as verkiesingsprestasie as aanduider gebruik word, het die genoemde twee partye nog baie werk wat voorlê.

Op nasionale vlak het die ANC-regering van Jacob Zuma ’n ongeëwenaarde laagtepunt bereik met staatskaping en korrupsie op ’n hoogtepunt.

Die instellings van ons demokrasie en staatsmasjinerie, van die parlement en die openbare beskermer tot die inkomstediens en die vervolgingsgesag, is gerysmier deur politieke apparatsjiks. Die ekonomie lê aan skerwe, om nie eens van ons staatsondernemings, soos Eskom, te praat nie.

Desondanks kon die DA, as vernaamste opposisieparty, dit nie regkry om beduidend veld te wen teenoor die ANC nie.

Dít het kragtige politieke skietgoed vir die opposisie gebied. Desondanks kon die DA, as vernaamste opposisieparty, dit nie regkry om beduidend veld te wen teenoor die ANC nie.

Dit bring die taai vraag: Onder watter omstandighede sal dit dan wel vir die DA moontlik wees om op groot skaal steun van die ANC weg te rokkel?

In die Wes-Kaap, waar die DA regeer en die ANC in opposisie is, is die skoen weer aan die ander voet. Ook hier het die regeerders die opposisie nogal ryke stof gegee om mee te werk.

Daar was verskeie interne partytwiste tussen Mmusi Maimane, nasionale DA-leier, en Helen Zille, premier, wat beduidende politieke energie uit die party getap het. Dis opgevolg met ’n uitgerekte en siedende twis met Patricia de Lille, oudburgemeester van Kaapstad. En moenie die hopelose hantering van die Kaapse waterkrisis vergeet nie.

Wéér dan die taai vraag: As die ANC dan nie nóú beduidend veld teen die DA kon wen nie, onder watter omstandighede sou hy dit dan kon regkry?

As die twee partye erns maak met dié vraagstuk, kan hulle dalk by soortgelyke antwoorde uitkom oor waar hul potensiële groeipunte lê. Die regerende alliansie se tektoniese plate skuur ook woes teen mekaar en in die veranderende landskap wat dit kan meebring, staan opposisie en regeerder dalk nader aan mekaar as wat hulle verwag het.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Da  |  Anc  |  Opposisie  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.