Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Is Steenkamp se lewe net drie jaar werd?

In ’n land waarin jaarliks sowat 17 000 moorde gepleeg word, kan tereg gevra word of Oscar Pistorius se vonnis genoegsame boetedoening vir die moord op Reeva Steenkamp is.

Regter Thokozile Masipa het hom ses jaar tronkstraf opgelê, waarvan hy waarskynlik drie jaar sal uitdien.

Regters is mense. Hulle wroeg oor vonnisse. Hulle kan verskil oor vonnisse en die vertolking van die reg.

Maar hulle moet onafhanklik na die feite van die saak kyk en hulle daarby bepaal. Hulle kan nie subjektief wees en ’n oortreder uit woede of meegevoel vonnis nie.

Die eerste beginsel by vonnisoplegging is dat die straf by die oortreding moet pas. ’n Moordenaar moet ’n swaarder straf kry as iemand wat aan strafbare manslag skuldig is.

Die minimum voorskrif vir moord is 15 jaar. ’n Regter kan net daarvan afwyk as daar uitsonderlike omstandighede is.

Was Pistorius se omstandighede so buitengewoon? Is ’n lewe drie jaar tronkstraf werd? Het dit afskrikwaarde?

Tweedens moet die gemeenskap tevrede wees dat geregtigheid geskied het.

Derdens moet die persoonlike situasie van die oortreder in ag geneem word. Die ouderdom, agtergrond, motief en geestestoestand kan versagtend wees.

’n Belangrike aspek van vonnis is rehabilitasie. Masipa het bevind hy is ’n goeie kandidaat daarvoor. Voor die moord is ’n paar keer berig oor Pistorius se opvlieënde humeur. In sy vonnisverhoor het ’n verpleegsuster van sy woede-uitbarsting in die tronk teenoor haar getuig.

Pistorius moet as ’n beter mens uit die tronk stap as toe hy Woensdag tronk toe is. Hy het ’n groot skuld wat hy op die een of ander manier aan die gemeenskap moet terugbetaal.

Hy het ’n tweede kans. Steenkamp se lewe is op ’n jong ouderdom met ’n belowende loopbaan voor haar kortgeknip.

Die staat oorweeg om teen die vonnis te appelleer. Dit kan groter klarigheid bring oor hoe ver ’n regter van die minimum tronkstraf vir moord kan afwyk.

Meer oor:  Reeva Steenkamp  |  Oscar Pistorius  |  Hoofartikel  |  Moord  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.