Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Erns van situasie rondom Iran durf nie onderskat word
Kommentaar: Volksblad, Beeld en Die Burger sê

Die erns van die bedreiging van ’n oorlog in die Persiese Golf moenie onderskat word nie.

Al is dit waar dat nóg pres. Donald Trump van Amerika nóg pres. Hassan Roehani van Iran uit is op ’n oorlog, neem die kans dat die moond­hede in ’n oorlog kan ingly daagliks toe.

Pres. Hassan Roehani van Iran. Foto: Getty Images
Pres. Donald Trump. Foto: Anthony Behar/Argief

Albei lande dra skuld aan die situasie. Enersyds is Iran se rol in die voortslepende burgeroorloë in Sirië en Jemen ’n destabiliserende faktor wat nie onderskat moet word nie.

Andersyds het Trump die huidige proses van wedersydse eskalasie onnodig aangewakker toe hy sy land eensydig aan die internasionale kernooreenkoms met Iran onttrek het.

Dié ooreenkoms het, sy dit tydelik, ’n einde aan die Iranse kernwapenontwikkeling gemaak.

Die uitdagende globale ekonomiese uitdagings hou baie lande toenemend gefokus op binnelandse kwessies. Hopelik is daar nog genoeg veerkragtige internasionale diplomasie om enige oorlog af te weer.

Die Internasionale Atoomenergieagentskap, wat toesig oor Iran se nakoming van die ooreenkoms hou, het herhaaldelik gesertifiseer dat die land hom streng aan die bepalings hou.

Die ooreenkoms was nie ideaal nie, want dit het nie Iran se destabiliserende rol in Sirië en Jemen aan bande gelê nie. Maar dit was ’n kompromis en beter as niks.

Deur sy onttrekking aan die ooreenkoms en bykomende handelsanksies teen Iran het Trump ’n kettingreaksie op gang gebring wat sedertdien gevaarlike afmetings aanneem.

Dit speel regstreeks in die hande van die valke in sowel Washington as Teheran, mense wat ’n oorlog sal verwelkom.

Trump speel sy tipiese blufspel. Hy het verlede week getwiet dat ’n oorlog met Iran “kort” sal wees, wat – as dit nie slegs bravade is nie – wys dat hy nie die aard van oorlog in die Midde-Ooste begryp nie. ’n Oorlog met Iran sal sonder twyfel op die blokkade van die Straat van Hoermoes – tussen die Persiese Golf en die Golf van Oman – uitloop, waarmee die olieprys die hoogte sal inskiet en die wêreldekonomie behoorlik beskadig sal word.

’n Oorlog met Iran kan nie met dié teen Irak (1991 en 2003) vergelyk word nie. ’n Grondaanval op Iran sal Amerika in ’n bloedbad van groot omvang insuig.

Die uitdagende globale ekonomiese uitdagings hou baie lande toenemend gefokus op binnelandse kwessies. Hopelik is daar nog genoeg veerkragtige internasionale diplomasie om enige oorlog af te weer.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Iran  |  Amerika  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.