Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Volksblad sê
Die hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Jens Friis

Die konstitusionele hof se verdeelde uitspraak in AfriForum en Solidariteit se aansoek om verlof tot appèl oor ’n vroeëre beslissing oor die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid staaf die algemene verdeeldheid oor die kwessie.

Die feit dat die konstitusionele hof se regbank hieroor verskil, wys ook dat – soos in die aanloop tot die saak – die beslissing net sowel anders kon gewees het. Ingevolge die oppergesag van die reg moet die meerderheidsuitspraak van die hof aanvaar en gerespekteer word. Maar daarvan mag verskil word, soos die minderheidsuitspraak se kritiek op die meerderheidsuitspraak aantoon.

Ware soeke na diverse versoening buig die knie voor ’n ideologiese uitspraak van die meerderheid regters wat die UV se bewerings aanvaar dat Afrikaans as onderrigtaal die oorsaak van rasse-diskriminasie en -spanning op die kampus is.

Om voor te gee dit is nie ’n sege oor Afrikaans nie nadat jy hom die doodskoot gee – en kunsmatige asemhaling bied – is eerlose sikkels silwer.

Uiteraard is ’n geldige saak uit te maak daarvoor dat taalregte ondergeskik aan sosiale kohesie en transformasie is. Ongelukkig aanvaar die regbank as premis dat die UV se weergawe waar is, wat beskou sou kon word as ’n versuim van die hof se basiese plig om getuienis te toets.

Die minderheidsuitspraak toon aan die gebrek aan getuienis en die onbeantwoorde vrae skreeu ten hemele. Nou staan die UV se veronderstellinge en vooroordele asof in waarheid gegiet.

Wat as feite oor sy taalbeleidsproses aangebied is, verskil van die werklike belewenis van ’n georkestreerde proses deur die anonieme skimme in sy “taalkomitee” wat sonder deursigtigheid gedryf is sodat gewenste gevolgtrekkings bereik kon word. Met Afrikaans wat ingevolge die raskaart as sondebok uitgemaak is.

Indien nie – dit bly ongetoets in die hof.

Die UV jubel, maar dit sou hom betaam om van die minderheidsuitspraak kennis te neem – dat die meriete van die saak onaangehoor is en hy nooit werklik ’n oplossing gesoek het nie. Om voor te gee dit is nie ’n sege oor Afrikaans nie nadat jy hom die doodskoot gee – en kunsmatige asemhaling bied – is eerlose sikkels silwer.

Met die verspeelde kans is die vraag waarheen nou met regte vir minderheidstale wat die Grondwet waarborg. En wat doen diegene wat hulle nie by AfriForum en Solidariteit se afstigting skaar nie.

Meer oor:  Afrikaans  |  Uv  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.