Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld sê
Kofi Annan in Genève in 2012. Foto: Reuters

Die dood die naweek van Kofi Annan, wat tussen 1996 en 2006 twee termyne as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) ge-dien het, laat die wêreld veel armer agter.

Afrika is nie bekend vir die hoë kaliber van leiers wat hy al voortgebring het nie. Die geskiedenis onthou korrupte diktators soos Robert Mugabe en Idi Amin eerder as inspirerende mense soos Nelson Mandela – en Kofi Annan.

Dié boorling van Ghana het die VN in ’n baie moeilike tydperk gelei.

Enersyds was die Koue Oorlog verby en was dit nie vir hom nodig om tussen die twee tradisionele magsblokke – die sogenaamde Vrye Weste en die Sowjetblok – te laveer nie.

Dié boorling van Ghana het die VN in ’n baie moeilike tydperk gelei.

Maar juis die ineenstorting van dié – sy dit perverse – stabiliteit het daartoe gelei dat die wêreld steeds meer begin uitrafel het.

Toe Joego-Slawië in die jare negentig op ’n bloedige manier uiteen begin val het, was Annan reeds ’n hoë amptenaar by die VN, in bevel van die organisasie se vredestake. Tienduisende mense is in die Joego-Slawiese oorloë dood – met die slagting van sowat 8 000 Bosniese Moslems buite die dorp Srbrenica as tragiese dieptepunt.

Ten tyde van die volksmoorde in Rwanda in 1994 toe Hutu’s nagenoeg 800 000 Tutsi’s wreed vermoor het, was Annan hoof van die VN se vredesmagoperasies. Dat hy dié massamoorde nie kon keer nie, het Annan diep gevoel. Maar die VN kan ook slegs tot vrede bydra indien die betrokke partye ’n minimum medewerking verleen. Hy kan nie vrede opdring aan mense wat niks daarvan wil weet nie.

Annan kon ook nie veel doen om die Amerikaanse inval in Irak in 2003 – wat streng gesproke onwettig volgens die volkereg was – te keer nie.

Tog het Annan, met sy waardige voorkoms, sagte stem en streng logiese uitsprake, geloofwaardigheid en gesag aan die VN gegee. Dit is dinge wat nie gekwantifiseer kan word nie.

Dat hy die Nobelprys vir vrede in 2001 gekry het, was welverdiend. Dis nie dat hy altyd geslaag het nie. Maar hy het probéér – en hy het dit met integriteit gedoen.

Hy was ’n besonderse diplomaat uit Afrika wat sy hele volwasse lewe aan diens aan die mensdom gewy het. Kortom, Kofi Annan was ’n rolmodel soos min.

Meer oor:  Vn  |  Kofi Annan  |  Huldeblyk  |  Hoofartikel  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.