Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Volksblad sê

In ’n tyd waar Suid-Afrika honger na rede en welwillendheid, is die versoenende optrede van alumni van Huis Armentum, voorheen Huis Hendrik Verwoerd, by die Universiteit van die Vrystaat (UV) prysenswaardig. Hulle het ’n hand van steun uitgereik aan die huidige inwoners wat hulle op die nippertjie toegang tot die koshuis vir ’n reüniebesoek geweier het.

Armentum se oudinwoners kon die oorbekende afbrekende en verdelende weg van soveel Suid-Afrikaners gevolg het, en ’n negatiewe en vyandige houding teenoor die jong studente en die UV ingeslaan het. Die oudstudente is twee dae voor hul 50-jaar-reünie deur die UV meegedeel hulle is nie meer welkom by hul ou koshuis nie omdat omstandighede op die kampus sensitief is.

Tesame daarmee het hulle verneem die nuwe studenteraad het op die vooraand van die reünie glo memorabilia uit dié koshuis verwyder.

Boonop het die oudinwoners besluit om ’n beursfonds te stig en die bestaande inwoners – die einste studente wat hul koshuisbesoek geboikot het – by te staan.

Ondanks hul frustrasie en ontevredenheid, het die lojale oudinwoners van die koshuis, wat van heinde en ver hierheen gereis het, hulle nie van stryk laat bring nie. Hul reünie is Saterdag sonder die besoek aan hul ou koshuis gehou. Boonop het die oudinwoners besluit om ’n beursfonds te stig en die bestaande inwoners – die einste studente wat hul koshuisbesoek geboikot het – by te staan.

Die alumni bepleit gesprekke met die inwoners, die UV en rektor “om die land ’n klein bietjie vorentoe te neem”, het die Ventersburgse leierboer Neels de Villiers (primarius en SR-lid 1982) en die Johannesburgse sakekenner en akademikus Pierre Joubert (primarius 1974 en SR-voorsitter 1975) gesê. Volgens Joubert kan die sogenaamde old boys onder meer help met ’n bietjie wysheid, mentorskapprogramme en studieleiding in rigtings waarin daar so ’n behoefte is.

Net soos die konstruktiewe gesprekke oor die verdelende grondkwessie wat tussen pres. Cyril Ramaphosa, Agri SA, die Agri-sektoreenheids-forum (Asuf) en andere gevoer word, is dié benadering oplossingsgerig.

Dit sluit aan by die gees van oop diskoers en soeke na oplossings wat die afgelope jaar of wat by die UV vaardig is. Die hand van versoening en ondersteuning is uitgereik. Mag alle partye dit ter wille van vooruitgang en harmonie aangryp.

Meer oor:  Uv  |  Kovsies  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.