Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Volksblad sê
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier. Foto: Deaan Vivier

Naas die wegblystem, is die EFF (groei van 4,4%; van 25 na 44 LP’s) en die VF Plus (1,5%; van 4 na 10) die proporsionele wenners in verkiesing 2019. Dié twee partye is weerskante van die politieke spektrum, maar nie teenpole nie.

Albei het nasionale steun van hul naaste opponent afgerokkel – die EFF by die ANC, en die VF Plus by die DA; albei bedryf belangepolitiek; albei leiers het ’n bydrae tot partywinste gelewer; en albei kan danksy groter finansiële toewysing, ingevolge die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, in dié termyn hul vastrapplek uitbrei.

Waar die EFF hom vir die belange van swart onbemagtigdes beywer, spits die VF Plus hom uitgesproke toe op minderheidsbelange, veral van wit Afrikaners. Die EFF en VF Plus verskil dus hemelsbreed oor eiendomsreg, regstellende optrede en persepsies van wat rassisme sou wees, en tree as kampvegters hiervoor of -teen op. Albei boor die regte aar by hul ondersteuners raak.

Dog hul aanslag en werkwyse verskil drasties. Die radikaal-linkse EFF blink uit in ontwrigtende politiek en retoriese lawaai. Toegegee, sy dekonstruktiewe styl was dalk net nodig om Jacob Zuma uit die presidensiële kussings gelig te kry.

Hy streef identiteitsbelange in die konteks van vooruitstrewende demokrasie na.

Hierteenoor is die VF Plus nie ekstreem radikaal nie, al is daar politieke ontleders wat so meen. Dit is ’n billike waarneming dat hy geskuif het van ’n “party van segregasie tot ’n konserwatief gematigde party”, wat sosiaal-demokratiese stemme ook trek. Hy streef identiteitsbelange in die konteks van vooruitstrewende demokrasie na.

Dié ronde het dit vir hom gewerk. Sy Steve Hofmeyr-reklame, taal- en kultuurstryd, “Slaan terug”-spreuk en weerstand in gevalle wat deur andere as politiek sensitief beskou word, het duidelik by sy teikengroep aanklank gevind.

En die onbeholpe DA-hantering van die Schweizer-Reneke-rasdebakel was ’n meevaller.

Ordelike deelname en konstruktiewe bydraes met private lede-wetsontwerpe (oor pensioenfondse en skooloptogte) kenmerk sy parlementêre werk.

Nou is ’n Verwoerd-nasaat onder sy nuwe LP’s en Peter Marais – in die Wes-Kaap – sy eerste bruin wetgewerlid.

Die VF Plus se volgende toets kom in 2021 se munisipale verkiesings. Met die onverkwiklike vete oor dieselfde kiesers tussen hom en die DA wat voortduur.

Meer oor:  Vf Plus  |  Hoofartikel  |  Verkiesing  |  Plaaslike Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.