Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
ANC se skielike regrukplanne bly eers net praatjies
Kommentaar: Volksblad sê

Die skielike geluide van bestuursvlak van die ANC in die Vrystaat en die Noord-Kaap op hul onderskeie lekgotlas, oor die regruk van diens in die provinsies en hul munisipaliteite, herhaal pres. Cyril Ramaphosa se refrein wat nog nie veel gebaar het nie.

Zamani Saul. Foto: Charné Kemp

Terwyl premier Zamani Saul ’n vars bries is, bly sy Noord-Kaapse voornemens te siene. In die Vry­staat is dit te betwyfel of die bravade iets gaan op­lewer. In albei provinsies is die verbintenis tot goeie regering en diens nou eensklaps op ’n valse grond­slag geskoei, naamlik dreigemente dat die ANC die bewind hier kan afstaan. Wat die fut daaruit haal dat dit dalk uit opregte werketiek of toewyding tot inwonersbelange sou kon spruit.

Die onbeantwoorde vraag – al is dit voor die hand liggend – is natuurlik hoekom die provinsies, soos die land, toegelaat is om te verval. Ewe onverklaar­baar is die “skok”, soos by Ramaphosa, oor die “ontdekking” van die vrot (of geen) dienste en haglike toestande onder ANC-bewind.

In die Noord-Kaap lyk die Ramaphosa-gesinde Saul na ’n nuwe besem wat werklik wil skoonvee. Of sy aandrang op integriteit en afkeer van die rojale leefstyl van politici, danksy belastinggeld, aan sy volgelinge gaan afvee, bly te siene. Hy is reg oor kwessies soos dat die regering sy skuld van R500 miljoen aan die Sol Plaatje-munisipaliteit moet delg en dat ’n begrote R11 miljoen vir die betaling van ’n agterstallige R1,7 miljard aan klein en mediumondernemings hopeloos te min is.

Tereg so. Dis jammer dat vrese vir die verlies van bewind die motief vir kentering is.

Saul se “doelgerigte” planne, wat op die beraad uitgepluis moet word, om vermorsing en ondoeltreffendheid te fnuik word afgewag.

Totdat dit iets lewer, bly dit praatjies.

Maar hoera dat hy insien “selfverheerliking” en immoraliteit (soos duur ampsmotors teenoor sat ambulanse) is gewetenskwessies wat haper.

In die Vrystaat wek die vingerwysery van Sam Mashinini, ANC-voorsitter en LUR vir polisie, paaie en vervoer, en van Pinky Kekana, adjunk­minister van kommunikasie, geen vertroue nie. Onder die ANC is die besteelde provinsie nie te redde nie.

Soos Saul uitwys, het steun vir die Noord-Kaapse ANC in die verkiesing met 7% gedaal. In die Vry­staat het ANC-steun met 8,7% gekrimp.

Tereg so. Dis jammer dat vrese vir die verlies van bewind die motief vir kentering is.

Meer oor:  Anc  |  Zamani Saul  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.