Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Volksblad sê
Ter illustrasie. Foto: Deon Raath

Met die armoede- en koskrisis en groeiende maatskaplike probleme in Lesotho is die misdaadprobleem op die grens tussen Suid-Afrika en die bergkoninkryk ’n bom waarvan die lont al hoe korter brand.

Die Suid-Afrikaanse regering kry nie die grensmisdaad hokgeslaan nie. Sy burgers op grensdorpe en grensplase loop deur onder die diefstal van vee, graan, landbouwerktuie, saad, kunsmis, weiding en voertuie. En leef in vrees oor aanvalle deur misdadigers uit Lesotho.

Daar is ook die risiko van veesiektes – soos die onlangse bek-en-klouseer en miltsiekte in Lesotho – wat na Suid-Afrika kan oorspoel en die landbou enorme skade kan berokken. Én die groeiende probleem van voertuig- en wapendiefstalsindikate se smokkelnetwerke oor die grens heen en grens­poste wat sukkel om by te bly.

Die jare lange versuim om dié brandpunte met die nodige erns te bejeën, het dit suurstof gegee.

Die jare lange versuim om dié brandpunte met die nodige erns te bejeën, het dit suurstof gegee.

Die voornemens van die Vrystaatse polisiehoof, lt.genl. Moeketsi Sempe, en die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, wat Vrydag by die Glen-landboukollege aangekondig is, is ’n stap in die regte rigting. Dit help om te hoor dat Sempe minstens landelike veiligheid én die uitroei van geweldsmisdade op plase en kleinhoewes as ’n prioriteit van die polisie aandui.

Ook te verwelkom is die 50 nuwe polisievoertuie uitsluitlik vir landelike veiligheid en Sempe se opdrag dat misdaadpatrone en -bedreigingsont­ledings nou die werkure van die polisie se veilig-heidskoör­dineer­ders in landelike gebiede sal bepaal.

Die ander positiewe stap is dat bestuurders van voertuie na Lesotho van 1 September bewys sal moet lewer dat hulle die voertuie se wettige eienaars of gebruikers is. Dit moes lankal gebeur het.

Mashinini se aankondiging in sy begrotingsdebat oor nouer samewerking tussen die polisie en ge­meenskapspolisiëringsforums en voornemens oor samesprekings met die weermag vir beter bevei­liging van die Lesotho-grens bemoedig ook.

Hy gee toe die stappe is te min om die landbousektor tot elke prys te beskerm. Die owerheid gaan moet uitbou hierop.

Meer oor:  Lesotho  |  Armoede  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.