Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Mag jollifikasie in Jokohama heers –
bpkle

Vir ’n wyle bly korrupsie, staatskaping, die Zondo-kommissie, DA-krisis en die taai ekonomie agterweë en rig Suid-Afrikaners hul aandag op sake van werklike landsbelang.

Soos die voet van Faf; die hande van Willie; Cheslin se vaart; Rassie se spankeuse, en Jérôme Garcès se skeidsregterskap en sy Franse landgenoot Romain Poite (ongeliefd in ons land) se grensregterskap in dieselfde wedstryd.

Niks skort vandeesweek met Suid-Afrikaners se prioriteite nie. Die wedstryd ter sprake is immers die Wêreldbeker-rugbytoernooi van 2019 se eindstryd in Japan. En het die Springbokke nie vir die derde keer sedert hertoetrede tot wêreldrugby in 1992 die eindronde gehaal nie?

Dit was dalk ’n makliker pad as die van Engeland, wat Nieu-Seeland se magtige All Blacks in die een halfeindstryd oortuigend verslaan het. Terwyl die Springbokke in hul openingswedstryd teen die All Blacks (en teen hulself) verloor en in hul halfeindstryd teen Wallis deurgeskraap het.

Al wanklankie is .die onverkwiklike Eben Etzebeth-sage wat hopelik so gou as moontlik ná WB 2019 in die gelykheidshof besleg sal word.

Maar soos oom Boy Louw, legendariese Bok-voorspeler van toentertyd, werklik of apokrief gesê het: Looks at the scoreboard. Al wat saak maak is die Bokke tree Saterdag om 11:00 in Jokohama aan.

Omdat die wedstryd ook regstreeks op SABC2 gebeeldsend word, sal hul meeste landgenote die span regstreeks aanmoedig. Hopelik is dit – ná 1995 en 2007 – die derde keer ook skeepsreg. Alhoewel die Bokke se WB 2019-deelname onder Rassie Erasmus as afrigter en Siya Kolisi as kaptein alreeds welslae lewer. Hulle het opgeskuif na die tweede plek op die wêreldranglys, van die vyfde plek vroeër vanjaar. En die span oes wyd lof in.

Al wanklankie is .die onverkwiklike Eben Etzebeth-sage wat hopelik so gou as moontlik ná WB 2019 in die gelykheidshof besleg sal word.

Pres. Cyril Ramaphosa benut die politieke kans om die Bokke dáár te gaan ondersteun – sekerlik in ’n groen trui met Kolisi se nommer ses op die rug.

Sonder om ’n sekere ANC-minister se gewaagde aanmoediging aan die Bokke in sterk Afrikaans jare gelede hier te herhaal: Mag die jollifikasie in Jokohama ná die eindstryd in groen en goud en die trane Engels (en selfs koninklik) wees.

En Cyril die staatshoof wat ene Bojo troos.

Meer oor:  Jokohama  |  Rugby-Ondersteuners  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.