Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Munisipaliteite in SA verlam deur kaderontplooiing

Die ouditeur-generaal (OG) se jongste verslag oor munisipaliteite se geldsake skets ’n baie donker prentjie. Daar is vrae oor die voortbestaan van byna twee-derdes van die land se munisipaliteite waar ingryping ernstig nodig is.

Finansiële wanbestuur sal voortduur solank daar nie gevolge vir die oortreders is nie.

Teen einde Junie 2016 het munisipaliteite R41,7 miljard se opgeloopte on­reëlmatige besteding op hul boeke gehad. Onreëlmatige besteding het van 2015 tot 2016 met 50% tot R16,8 miljard gestyg – die hoogste vlak sedert dit gemoniteer word.

Die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap is die swakste presteerders en van hul ouditverslae is nog nie eens ingedien nie.

Die OG lig in sy verslag verskeie probleme uit, insluitend die oormatige gebruik van konsultante en die toeken van kontrakte aan werknemers, raadslede, hul families en ander staatsamptenare.

Laasgenoemde kwessie, asook dokumente wat verdwyn sodra ouditeure hul oudits wil doen, word jaarliks geopper, maar bly onopgelos.

Dit is algemene kennis dat die hoofoorsaak van die probleme in plaaslike regering swak finansiële bestuur is, wat uit die aanstelling van onbevoegde amptenare spruit. Boonop word munisipaliteite lamgelê deur die binnegevegte in die ANC met ampte wat toegeken word op grond van faksie-lojaliteite. Voorbeelde is legio. Die Mangaung-metro steier tans onder die gevolge van die aanstelling van ’n Ace Magashule-volgeling, Olly Mlamleli, as uitvoerende burgemeester.

Daarmee saam loop die feit dat plaaslike regering veral in die ANC as die deur na selfverryking gesien word, terwyl dienslewering laag op die voorkeurlys lê.

Die OG lig ’n groot brandpunt uit, wat ook simptomaties is van wat nasionaal in die land aan die gang is: ’n gebrek aan aanspreeklikheid. Finansiële wanbestuur sal voortduur solank daar nie gevolge vir die oortreders is nie, waarsku hy. Ongelukkig sal dié kultuur voortleef totdat pres. Jacob Zuma en sy meelopers hul dag in die strafhof kry.

Die land se inwoners byt die spit af en miljoene mense ly onder die gevolge van swak dienslewering wat aan die orde van die dag is. Dit kan weer teruggevoer word na swak bestuur deur ANC-kaders wat onopgewasse is vir die ampte en poste waarmee hulle beloon is.

Meer oor:  Munisipaliteite  |  Verlam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.