Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Nuwe UV-leiers pak uitdagings met ’n skoon lei
Kommentaar

Die Universiteit van die Vrystaat, bakermat van tersiêre onderrig in die sentrale streek (tesame met die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein en die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley), beleef talle wendinge.

Die bal is in die UV se baan om te sorg dat sy taalbeleid op lange duur samesnoering eerder as vervreemding in die hand werk. Anders is dit pure verniet.

In die appèlhof het die UV ’n sege behaal en kan hy nou – in wat hy triomfantlik as ’n mylpaal vir die bevordering van meertaligheid bestempel! – voortgaan met die toepassing van sy nuwe taalbeleid met Engels as primêre medium van onderrig. Van 2018 sal dit geld vir eerstejaars in al die fakulteite, buiten teologie en opvoedkunde.

Die hof het op grond daarvan dat die middel (taal) die doel (transformasie) heilig in die UV se guns beslis, en die UV is by sy volle reg om sy taalbeleid toe te pas. Al skrei dit beginselgewys en op grond van (ontbrekende) taalpresedente ten hemele. Dit bly te siene of die kwessie in die konstitusionele hof gaan draai. Die bal is in die UV se baan om te sorg dat sy taalbeleid op lange duur samesnoering eerder as vervreemding in die hand werk. Anders is dit pure verniet.

Hierbenewens is die ondersoek na geweld en vandalisme op die Kovsiekampus wat deels deur die chaos by ’n Varsitybeker-rugbywedstryd op Shimlapark ontketen is, asook dissiplinêre verhore afgehandel en strawwe opgelê. Die gebeure mag hulself nie herhaal nie. Hiervoor beywer die UV hom dan in sy “geïntegreerde transformasieplan” – ter wille waarvan die opoffering van Afrikaans as paaimiddel dien.

Les bes het die UV nou ’n nuwe rektor – prof. Francis Petersen – en ’n nuwe raadsvoorsitter – Willem Louw – aan die stuur. Met die tydrowende kwessies hierbo oënskynlik uitgestryk, begin hulle met ’n skoon lei om die UV so te rig dat sy kernbesigheid – akademie en navorsing – tesame met maatskaplike kohesie tot hul reg kom.

Naas die gewone sake, gaan onrus onder studente, ook oor studiegeld, betogings deur werkers (oor uitkontraktering), politieke eise en vele meer uitdagings stel. Die UV is ’n bate en sy welstand is in openbare gemeenskapsbelang.

Dit sou kranige bestuur verg, asook ’n besef van deursigtigheid en aanspreeklikheid. Met die taak verdien die UV konstruktiewe steun van ’n ieder en ’n elk wat besef die toekoms van die sentrale streek is onlosmaaklik met die UV s’n verbind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.