Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Ons stoom voluit voort, want ons wil en moet

Beeld is reeds Dinsdagaand, vir Woensdag, ten volle uitgegee deur redaksielede wat van die huis af gewerk het.

Barnard Beukman

Dit was ’n proeflopie sodat ons die nodige tegniese struikelblokke uit die pad kon kry.

Sedert gister probeer ons dat soveel moontlik redaksielede van die huis af werk.

Ons verslaggewers, wat deesdae grootliks onder Netwerk24 val, gaan voort om met die nodige voorsorgmaatreëls in die veld te wees.

Nuusinsameling moet voortgaan.

Ons stoom dus voluit voort, want ons wil en moet.

Ons nuusfokus gaan uiteraard grootliks op die koronavirus wees. Uit die voortdurende stortvloed van inligting gaan ons na die beste van ons vermoë sorteer en kies om die beste moontlike samestelling aan te bied.

Deur Netwerk24 sal ons lesers letterlik uurliks op die hoogte kan bly van die jongste brekende nuus.

In die koerant gaan ons ook fokus op nuttige en noodsaaklike inligting en, soos altyd, ontledings en kommentaar.

Skryf gerus ook steeds vir ons jul menings en gewaarwordings in briewe, SMS’e en so meer.

Ons gaan steeds ook probeer om genoeg ander interessante nuus en onderwerpe te dek wat die aandag soms van die pandemie kan aflei.

Saam met ons lesersgemeenskap probeer ons die gebeurtenis nog ten volle verstaan, maar ons is vasbeslote om hierdie vreemde en onbeplande reis saam met julle deur te gaan.

In heelwat van die boodskappe wat van oor die land heen en selfs verder hier aanland, word gevra wat gaan nou aan en hoe pak ’n mens dit aan.

Van ons projekte en aktiwiteite, wat insluit Bruid van die Jaar, Baba van die Jaar, die Mannefees en meer se eindgeleenthede word ook vir eers gekanselleer. Hou die koerant dop vir verdere inligting.

Van ons adverteerders gaan voort om hul spesiale aanbiedinge te publiseer.

Om saam te vat: Ons gaan voort om ons rol na die beste van ons vermoë te vervul.

En by voorbaat dankie aan ons lesers vir hul voortgesette ondersteuning en aan redaksielede wat bykomende myle en ure opoffer .

In heelwat van die boodskappe wat van oor die land heen en selfs verder hier aanland, word gevra wat gaan nou aan en hoe pak ’n mens dit aan.

Dié vrae gaan ons waarskynlik nog lank besig hou.

Uit alles wat ’n mens die laaste weke kon lees en waarneem, kom enkele gedagtes wel op:

  • Hierdie tyd is by uitstek een vir saamwerk en saamstaan. Om nou in enige omgewing stroomop te wees oor onbenullighede, is oornag uit die mode.
  • Paniekoptrede (en -aankope) is ook uit. Dit word voorkom deur ingelig te bly deur betroubare inligtings- en nuusbronne.
  • Verantwoordelike en voorkomende optrede mag oordoen word.
  • Die handhawing van ’n gesonde afstand kan nooit ’n verskoning word om die weerloses en diegene wat jy vermoed hulp kort, in die steek te laat nie. Juis nou.

Die mensdom word getoets. Kom ons hou kop en kom hierdeur.

Meer oor:  Barnard Beukman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.