Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Artikel 25: Dink net hoe honger voel . . .

Daar is sowat 93 miljoen ha landbougrond in Suid-Afrika. Daarvan is 9,8 miljoen ha nou in staatsbesit onder beheer of “voogdyskap” van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling om dit vir grondhervorming te gebruik.

Vrydag het die ANC formeel sy voorstel vir die wysiging van art. 25 van die Grondwet so verander dat dit die regering sal verplig om meer grond aan te skaf en in voogdyskap te hou vir grondhervorming deur onteiening.

En ja, ons moet eenvoudig die rasgebonde, verwronge struktuur van grondbesit verander. Ons kan dit nie los en dink dit gaan vanself regkom nie.

Maar om te dink dat grondhervorming aangehelp word wanneer burokrate besluit wie kry grond en wie kry dit nie, is stiksienig dom. Daar is ’n biblioteek van bewese leesstof wat wys dat staatsvoogdyskap ’n resep is vir baantjies vir boeties, korrupsie en ander vergrype.

Nog erger is wat dit aan voedselproduksie kan doen.

Dis presies wat Motlanthe se hoëvlakpaneel in 2017 bevind het: dat die vergrype van amptenare al 20 jaar lank grondhervorming in die wiele ry.

’n Deel van daardie 9,8 miljoen ha in “voogdyskap” is 9 000 ha van die produktiefste suikerriet-, avokado- en bosbougrond in die land om Melmoth waaroor Rapport onlangs berig het. Genadelose winsjagters is nou die “voog” van daardie grond. Wanneer hulle klaar geöes het, word niks weer aangeplant, gesnoei of bemes nie.

Burokrate is die vyande van opkomende swart boere. Daar is omtrent geen akademiese biblioteek in die land sonder bewyse daarvan nie. In die parlement se argiewe lê boonop die hoëvlakpaneel-verslag van oudpres. Kgalema Motlanthe van November 2017 wat presies dieselfde sê ná ’n omvattende, duur ondersoek deur die land se voorste kundiges hieroor.

Die voorstel wat die ANC Vrydag in die parlement ter tafel gelê het, gaan dit vir hulle makliker maak om geld uit jong swart boere op hierdie staatsplase te wurg.

Dis presies wat Motlanthe se hoëvlakpaneel in 2017 bevind het: dat die vergrype van amptenare al 20 jaar lank grondhervorming in die wiele ry. Sedertdien het nog ’n biblioteek van bewyse aan die lig gekom oor hoe swart boere gewetenloos en genadeloos vertrap word deur Thoko Didiza se amptenare.

Rapport het getrou hieroor berig.

Annelie Lotriet, die DA se hoofwoordvoerder in die spesiale komitee wat die konsepwysiging vir die Grondwet moet skryf, het die kabinet Woensdag gevra om dit in kabinetsnotules te laat plaas dat die DA vra dat die komitee se werk verwerp word. Die voorstel oor voogdyskap sal in praktyk neerkom op nasionalisering van grond en ’n einde maak aan die grondwetlike waarborge van beskermde eiendomsreg, lui die brief. Sy vra dat dit in die notules van die volgende kabinetsvergadering ingelees word.

Die DA het voorheen al “brand!” geskreeu wanneer iemand ’n sigaret aansteek, maar hierdie brief is nie een van daardie gevalle nie. Soos die wysiging nou daar staan, gaan dit grondhervorming moeiliker maak – nie makliker nie. En dit gaan boonop ons voedselproduksie hard slaan. Dis moeilik om jou in te dink in hongersnood terwyl ons landbou so blom soos nou, maar ons almal ken die klimaat van ons land.

Meer oor:  Rapport Sê  |  Grondhervorming  |  Grondwet  |  Hoofartikel  |  Voogdyskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.