Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Dis tyd vir besluite wat goed is vir môre

Die ekonomie kort dringend ’n hupstoot as ons wil keer dat Moody’s ons skuld in November afgradeer.

Is die afgelope week se opdrag aan staatsdepartemente om hul besteding te besnoei ’n stap in die regte rigting?

Die agtergrond van die tesourie se tegniese riglyne aan departemente, wat vra vir insette oor hoe hulle vir die volgende drie jaar onderskeidelik 5%, 6% en 7% van hul begrotings kan besnoei, is ’n rits regeringsbesluite wat die ekonomie rem eerder as aanvuur.

Daar is vroeë aanduidings dat die nuwe minimum loon, een van die eerste groot populistiese gebare van die Ramaphosa-era, reeds uitdiensstelling verhaas het onder laaggeskooldes en laagbesoldigdes soos huiswerkers.

Ekonome is insgelyks bekommerd oor die wysiging aan die Mededingingswet, wat mik om konsentrasie in die ekonomie te beveg – eweneens ’n welluidende ideaal – maar wat dit moeiliker kan maak vir van ons grootste firmas om wêreldwyd mee te ding.

Dit is ’n geskenk aan vandag se kiesers ten koste van ons land se toekoms, en dié kiesers se kinders, wat die fiskale kastaiings uit die vuur gaan moet krap as ons oor tien jaar soos Argentinië lyk.

Die impak van koolstofbelasting op die ekonomie – en Eskom! – is nog lank nie duidelik nie; banke en kleinhandelaars het reeds begin om hul blootstelling aan behoeftige kliënte te beperk weens die onbesonne Kredietwysigingswet wat pres. Cyril Rama-phosa verlede week onderteken het; planne vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) stu voort ondanks legitieme vrese dat dit Suid-Afrikaners wat hulp die nodigste het, se nagmerrie-ervarings in openbare hospitale bloot sal uitbrei na die res van die land; en oor onteiening sonder vergoeding sal onsekerheid draal totdat besluit word om nie meer aan die Grondwet te torring nie. Geluide oor voorgeskrewe bates jaag die land ook die skrik op die lyf. Dit is, sê Mark Barnes vandag aan Rapport, soos om “by die toekoms te leen”.

Nou wil Tito Mboweni, minister van finansies, die regte ding doen deur staatsbesteding weg te stuur van salarisse sodat meer aan “toekomsvriendelike” kapitaalvorming bestee word.

Die staat se salarisrekening vreet reeds 35% van al sy besteding op, en tog het staatsamptenare in die dekade tot 2017-’18 elke jaar verhogings van gemiddeld 11,2% gekry (lees die berig in Sake). Dit is ’n geskenk aan vandag se kiesers ten koste van ons land se toekoms, en dié kiesers se kinders, wat die fiskale kastaiings uit die vuur gaan moet krap as ons oor tien jaar soos Argentinië lyk.

Dit is tyd vir besluite wat goed is vir ons toekoms, wat nie net die onmiddellike belange van die ANC dien nie. Op die lange duur is ’n florerende ekonomie selfs in die ANC se belang.

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Ekonomie  |  Skuld  |  Salarisse  |  Moody's  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.