Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Geen rede vir inperk oor Covid se ‘2de golf’

Toe pres. Cyril Ramaphosa in Maart ’n grendelstaat van drie weke aangekondig het, was betroubare Covid-19-data nog bra skrams.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het geglo 3,4% van mense wat die virus opdoen, sterf. Dié syfer, asook sprake van massagrafte oorsee, het paniek gesaai. Baie lande het inderhaas inperkings ingestel – iets wat nog nooit deur die WGO as ’n geskikte maatreël teen pandemies beskou is nie.

Suid-Afrika se inperking was een van die strafstes. Miljoene Suid-Afrikaners, veral armes wat nie die opsie gehad het om van die huis af te werk nie, is verbied om te werk, om sterwende familie te besoek, om te rook en drink, om buite te oefen, en om braaihoender of skoene met oop tone te koop.

Ons weet nou soveel meer.

Baie mense het dit gelate aanvaar.

’n Groep wetenskaplikes het immers pas gewaarsku dat ’n mak bekampingsbeleid tot soveel as 351 000 sterftes hier sou kon lei.

Selfs volgens meer konserwatiewe ramings in April sou 48 000 Suid-Afrikaners kon sterf indien die regering nie alles in sy vermoë doen om die “kurwe af te plat” nie.

Dit is ses maande later. Ons weet nou soveel meer. Tog klou hierdie regering steeds vas aan die leuen dat Covid-19 ’n baie dodelike siekte is waarvoor ons bang moet wees en waarteen slegs inperkings ons kan beskerm.

Inderwaarheid, sê dokters en wetenskaplikes nou, het Covid-19 baie van die kenmerke van die griep geopenbaar wat elke jaar deur bevolkings spoel, met die verskil dat baie van die toetse wat vir Covid-19 gebruik is, ’n hoë persentasie vals positiewes uitskop.

Covid-19 is gevaarlik, en dodelik vir sommiges, maar ons weet nou dat ou mense 1 000 keer meer kwesbaar as jonges is.

Tog skop beleidmakers steeds teen die logiese en veel minder skadelike voorstel om net ou en kwesbare mense te isoleer sodat die res van die bevolking met hul lewens kan aangaan. Die sluit van skole was altyd gek; tog het vakbonde, ouers en sekere onderwysers die leuen van ’n siekte wat gevaarlik is vir kinders aanhou verkondig en word kinders gedwing om met maskers aan te speel.

Ons weet nou dat daar lande was sonder inperkings maar met laer infeksiekoerse, en lande mét inperking en hoë infeksiekoerse, en dat daar geen eenvoudige verband tussen inperkings en ’n goeie virus-uitkoms is nie.

Ons weet dat die persentasie mense wat Covid-19 kry en daarvan sterf so laag is as 0,3% (so sê Discovery Health) of selfs 0,2% (volgens Belgiese wetenskaplikes) en dat die vroeë modelle waarvolgens lykshuise net soos waaksale oorvol sou raak, verkeerd was.

Ons weet ook nou dat baie mense ’n natuurlike immuniteit vir Covid-19 het.

Terwyl Suid-Afrikaners verhonger en vroom voorstedelinge vir hulle preek oor maskers dra en tuisbly; terwyl honderdduisende siekes se ander kwale – soos kanker en tuberkulose – ongediagnoseer en onbehandel bly; terwyl ons ekonomie instort en terwyl die hospitale léég is, maak ons regering vir ’n verskerping van die inperking gereed. Die enigste moontlike verduideliking hiervoor is die staat se drang na mag en die publiek se irrasionele vrees vir ’n gewaande siekte wat veel dodeliker as die regte Covid-19 is.

Meer oor:  Inperkings  |  Covid-18  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.