Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Rapport sê: Grond: Nog 'n kans word verspeel

Die paneel kundiges oor grondhervorming en landbou het ’n kans gehad om die pad aan te wys sodat Suid-Afrika uit sy diepste, donkerste gat kan klim – en dit verspeel. Die paneel van tien sluit in regslui, verteenwoordigers van nieregeringsorganisasies, akademici en boere.

Toe pres. Cyril Ramaphosa die paneel aangewys het, het hy veral probeer om mense te betrek wat kennis het van die ontberings wat mense in landelike gebiede deurmaak omdat hulle nie toegang het tot grond of in staat is om grond te benut nie. Maar Ramaphosa het ook probeer om mense te betrek wat onderlê is in die landbou-ekonomie en weet hoe om grond te benut om welvaart te skep. Dit was ’n diverse en uiteenlopende groep.

Geen paneellid het gedink die hele groep sou ooit volkome saamstem oor die pad vorentoe nie.

Daar ís oplossings vir ons grondvraagstuk.

Maar dit was beslis redelik om te verwag dat die groep met ’n verslag vorendag kon kom waarin ooreenkomste uitgespel, verskille ontleed en gedebatteer, en moontlike kompromieë voorgestel en teen mekaar opgeweeg word.

Dit het nie gebeur nie. Die proses is selfs as “outokraties” beskryf.

Geen behoorlike proses is gevolg en geen struktuur geskep nie. Daar was geen doelwitte wat teen bepaalde spertye behaal moes word nie, die taai onderwerpe is nooit in diepte gedebatteer nie en teen die tyd dat die verslag geskryf moes word, het die voorsitter die proses gekaap om die spertyd te probeer haal.

Só het sy gekeer dat belangrike rolspelers se voorstelle aangehoor en oorweeg word.

Sy het toegelaat dat politiek eerder as goeie trou en sober denke wen.

Daar ís oplossings vir ons grondvraagstuk. Daar is entrepreneurs en boere wat op daardie paneel gedien het wat die oplossings ken. Oor ’n jaar of drie gaan daar enklaves van suksesverhale wees in die oseaan van armoede wat al hoe groter word op ons platteland.

Ramaphosa se grondpaneel was ’n manier om daardie suksesverhale uit te plant en te vermenigvuldig op plekke waar mense moed verloor het.

Maar dit gaan nie gebeur nie. Nou sal Ramaphosa en Thoko Didiza, nuwe minister van landbou en grondsake wat dié vraagstukke erf, moet probeer red wat te redde is.

Ongeag wat Didiza en Ramaphosa besluit om met die verslag te doen, is daar oorgenoeg rede om te glo dat Nick Serfontein en Dan Kriek, die twee kommersiële boere wie se insette met soveel minagting deur die voorsitter van die paneel verwerp is, sal voortgaan om te doen wat boere doen, en dit is om planne vir die dag van môre te maak.

Die president en die minister moet hul uitgestrekte hande aangryp.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Rapport Sê  |  Hoofartikel  |  Grondpaneel  |  Grondbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.